Die woord versoening is in ons Suid-Afrikaanse konteks grootliks polities gelaai. Eenvoudig gestel: daar is die politieke strewe om mense, groepe, tale en kulture wat voor 1995 vervreemd (en ja, selfs in vyandskap) met mekaar geleef het in een reënboognasie te verenig en in vrede te laat saamleef ... Versoening het egter ’n oneindig dieper dimensie. Besef jy dat jy van ons Here God vervreemd was? Sonde het ons almal van Hom geskei en sonder Hom sou ons uiteinde die ewige dood gewees het. God het Hom egter van sy kant af weer met ons versoen: Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie ... Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! (2 Korintiërs 5:19, 20).
Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|