Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing (2 Timoteus 1:7).
Wat is selfbeheersing? Die woord selfbeheersing beteken dat my “eie-ek” nie deur my sondige begeertes beheer word nie, maar deur die Gees van God. Die vrug wat Hy in ons lewe werk, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (kyk Galasiërs 5:22). Vertrou God genoeg om hierdie vrug in jou lewe vir almal sigbaar te maak. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|