Liefde, vreugde, vrede ... so begin die vrug van die Gees (Galasiërs 5:22). God is liefde, maar ook die bron van vreugde en daarom kan ons te midde van ’n stukkende wêreld lewensvreugde ervaar (Johannes 15:10, 11). Jy mag dalk vra: lewensvreugde of ongekende blydskap vandag? Miskien is jou omstandighede op die oomblik so donker dat vreugde vir jou soos wensdenkery voel!
Ware vreugde lê egter nie in onmiddellike omstandighede nie, maar in ’n diepgewortelde verhouding met ons Here. “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: wees bly! ... Die Here is naby” (Filemon 4:4, 5). Ons Here is nie ver nie, Hy is by jou, nou en elke oomblik. Vind jou vreugde in Hom. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|