Vry om te dienJesus het gesê dat hy nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe as betaling van sondes te gee (Markus 10:45). So het Jesus by geleentheid dit gedemonstreer deur sy dissipels se voete te was. Dit het hulle stomgeslaan, omdat mens dit destyds nie eens van jou slaaf kon verwag nie. Jesus het daarop gereageer met die opdrag: “Ek het vir julle ʼn voorbeeld gestel, en soos ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen” (Johannes 13:15).
Uit Jesus se voorbeeld het hy vir ons gewys dat dien ʼn werkwoord sonder die verwagting van vergoeding of aansien is. Die grootste bewys daarvan is dat Hy sy lewe ook vir jou afgelê het deur naak en verwerplik aan ʼn vervloekte kruis te sterf (Jesaja 53:2, 3). Dalk is dit nodig om in die prestasiegedrewe samelewing van vandag opnuut te besef dat ons deur Christus geroep en vrygemaak is om mekaar in liefde te dien. Gee van jouself sonder die verwagting van vergoeding of aansien: Om te gee maak ʼn mens gelukkiger as om te ontvang (Handelinge 20:35). Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|