Is die sabbat vir jou ’n dag, ’n plek of ’n persoon?
Vir baie mense is die konsep van sabbat irrelevant en tog is een van die grootste siektes van vandag om uit te brand. Studies wys dat almal rus nodig het. Dit is maklik om te dink dat rus voorkom in die vorm van ’n afdag waar jy niks doen nie. Vir gelowiges is die konsep van die sabbat eerder ’n vraag oor identiteit, want die vraag is: in wie vind jy jou rus? Wanneer Jesus in Matteus 12:8 sê Hy is Koning oor die sabbat besef ons dat die sabbat meer oor Hom gaan as oor wat ons doen of nie doen nie. Luister wanneer ons Koning sê: Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee … (Matteus 11:28). Mag jy vandag oomblikke van rus ervaar in die Koning se teenwoordigheid. Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|