Fanie van der Schyff - "Drie aardbewings ... drie Goddelike boodskappers"
Die tweede aardbewing was met ons Here Jesus se opstanding en het aangekondig dat die dood oorwin ís! https://youtu.be/ak__-X3u6Sw
0 Comments
Fanie van der Schyff - "Drie aardbewings ... drie Goddelike boodskappers"
Die eerste aardbewing het plaasgevind met ons Here Jesus se sterwe en het aangekondig dat die dood oorwin gaan word! https://youtu.be/_Aa7iBNTmUY
Theunis Potgieter - Jesus is die ware Redder van ons sonde en ewige dood!
Lees: Lukas 19:28-44 Teks: Lukas 19:41-44 Sing: Ps.48-1:4,5; Ps.86-1:1; Ps.71-1:10,14; Ps.118-1:12,13,14. Tema: Jesus is die ware Redder van ons sonde en ewige dood ! Wanneer die skare mense tydens Paasfeestyd vermoed dat Jesus dalk dié Profeet (Messias) is, is hulle entoesiasme sonder keer. Hulle gooi die Sondag voor Paasfees nog hulle klere en palmtakke voor Jesus in die pad waar Hy op ‘n donkie Jerusalem ingery kom. Hulle sien Hom as die Verlosser van Israel van die Romeinse oorheersing. Dis juis hieroor wat Jesus huil – as hulle tog vandag wou insien wat vir hulle vrede nodig was (v.42) Hulle sing ‘n Koningslied uit Ps.118. Hulle verwag ‘n aardse koning. Dis hieroor wat Jesus huil. Vandag nog raak die Here Jesus bewoë as ons ons koninkrykies bo sy Koninkryk stel. Wanneer ons nie regtig ‘n lewende verhoeding met Jesus het nie, wanneer die dinge van God belangriker vir ons geword het as die God van die dinge – dan huil Jesus weer. Is Jesus Christus werklik vir jou ‘n lewende Persoon wat jou ewige Redder is van dood en sonde? Mag die Here tog nie vanoggend oor ons huil soos Hy oor Jerusalem gehuil het nie... https://youtu.be/W_7hcvQEnv0
Chris de Beer - Die nuwe lewe
In vandag se tyd is daar baie mense wat doelloos rond swerf van een dag na die volgende. Die belofte wat die Evangelie inhou is een van nuwe lewe vol hoop. https://youtu.be/DxpmSBp8Qzo |
Argief
February 2024
KATEGORIE |