Fanie van der Schyff - Lewe in die lig van die Lig!
Kersfees is tradisioneel 'n fees van liggies. In Johannes 1 word getuig dat ons Here Jesus die Lig is wat deur die Vader gestuur is. "Die ware Lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe" (:9). Die Lig het mens geword en onder ons kom woon. Wie Hom volg sal die lig hê wat lewe gee. Lewe in die lig van die Lig! https://youtu.be/_Y5zlBHWR2o
0 Comments
Fanie van der Schyff - Ons Heiland is gebore!
Rondom Kersfees hoor ons en sing ons gereeld die lied: "Die Heiland is gebore ..." Wie is ons Heiland en waarom word Hy "Heiland" genoem? https://youtu.be/tiaLmhPGCe8
Fanie van der Schyff - Die lang beloofde Verlosser kom!
Die belofte van ons Verlosser lê ver terug in die gryse verlede ... so beskryf die profeet Miga Jesus se begin. God is getrou aan wat Hy beloof. Jesus, die Verlosser, is gebore soos wat in die Ou Testament voorspel is. Hy is ook jou Verlosser. Ons dank ons HERE in besonder daarvoor in hierdie Kerstyd. https://youtu.be/igpeUAYNjuY
Jacques Tredoux - God leer jou wie jy IS, voor jy kan DOEN wat jy moet doen
Dink jouself in – ‘n lewe sonder enige sukses. ‘n Lewe waar net mooi niks vir jou wil reg loop nie en jy die een uitdaging en teleurstelling na die ander beleef. Vir baie van ons is dit hoe ons voel. Tog moet ons maar aanhou om goed te doen en ‘n goeie christelike lewe te lei. Hoe kan ons dit regkry? Die roeping van die profeet Jeremia, leer ons hoe ons in enige omstandighede kan aanhou en deurdruk met ons taak... https://youtu.be/p8DgXxfsF6k
Daniël Maritz - Mag ons besef wat God vir ons gedoen het!
Na 'n jaar soos hierdie is dit goed om te reflekteer. Paulus gee vir ons die raamwerk vir 'n gebed waarbinne ons op hierdie manier kan reflekteer. Aan die een kan kan ons God dank vir genade in gelowiges se lewens. Maar ons kan Hom ook smeek dat ons beter besef hoe ryk en diep die betekenis is van alles wat Hy vir ons gedoen het. https://youtu.be/VhvsBoJfr0A
Jacques Tredoux - Hoor Jesus se genadige uitnodiging
Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is... In ‘n wêreld wat verskriklike eise aan ons stel en veral so aan die einde van hierdie jaar, is hierdie uitnodiging iets wat ons almal wil hoor. Die wonder is dat ons hierdie uitnodig aan ons elkeen gerig is. Vanaand hoor ons weer hierdie wonderlike trooswoorde van Jesus self. https://youtu.be/R0Qq-ps0F5k
Fanie van der Schyff - Dankie Here, dat U weer kom!
Die woordjie 'Maranatha' is vir ons as Christene 'n geloofsanker. Maranatha is vir ons 'n herinnering: Ons Here Jesus HET reeds gekom. Maranatha is vir ons 'n sekerheid; Ons Here Jesus kom WEER. Maranatha is ook vir ons 'n gebed: Kom Here Jesus, kom tog gou. Maranatha is 'n woordjie waarvoor ons doopouers, en elkeen van ons as Christene, net ons Here voor kan dank ... https://youtu.be/xw7yMNg383w
Huweliksbevestiging - Adriaan van der Hout & Sandri Smit
Huweliksbevestiging waargeneem deur Dr Gerard Meijer Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn https://youtu.be/cCYfB-x_hPg
Jacques Tredoux - Klankoordenking 5-13
Matteus 6: 24 -34 https://youtu.be/2YwS6u_Cb3A |
Argief
June 2024
KATEGORIE |