Fanie van der Schyff - Stil tevrede
'n Jong man lê vanaand Belydenis van geloof af. Hy (soos ons elkeen wat dit reeds gedoen het) bely hardop: "Ek glo in die Here God". Hoor wat antwoord ons Here: "Die Here jou God is by jou, Hy die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou" (Sef 3:17). http://youtu.be/B9-yGbFnoLs
0 Comments
Derrick Mashau - We are sons of God in and through Jesus Christ
We are sons of God in and through Jesus Christ http://youtu.be/eh0auHKwc2M
Paul Grobler - Waaroor bekommer jy jou so?
Ons almal is bekommerd oor iets een of ander tyd. Die vraag is hoekom? Hoekom is jy so bekommerd? Nie net besorgd nie maar bekommerd? Jesus leer ons in Matteus 6 wat ons met hierdie bekommernis moet maak. God voorsien wat ons nodig het, en met die voorsien kom ook verantwoordelikheid. Wat doen jy met dit waarmee God jou voorsien? http://youtu.be/PLy31u4JI3k
Chris de Beer - `n Gesonde gesin
Gesonde gesinne is vir God baie belangrik en daarom behoort dit vir ons ook baie belangrik te wees. Vandag gaan die Here se Woord ons leer hoe om ons gesinne gesond te hou. http://youtu.be/cgDkRx0ImRI
Chris de Beer - Die huwelik se Eskom
In `n huwelik kan die batterye soms bietjie pap raak. In sulke tye is dit nodig om te weet waar om krag vandaan te kry. Vanaand gaan ons leer waar lê die krag vir `n suksesvolle huwelik. http://youtu.be/y1xBRLqdytM
Fanie van der Schyff - Lagai-Roi-fontein
Plekke roep herinneringe op in mense se lewens. In die lewe van Hagar, het haar ontmoeting met God by die Lagai-Roi-fontein, haar hele lewe verander. Daardie fontein sou sy nooit weer in haar lewe vergeet het nie. Wat beteken Lagai-Roi vir ons vandag en wat het dit met die doop van 'n seuntjie te doen wat vandag hier bedien word? http://youtu.be/KSm_LpTBLDg
Chris de Beer - Die bangbroek-lesse
Partykeer voel ons God wil hê ons moet iets doen, maar vrees keer ons om te reageer. Vanaand kyk ons na watter lesse ons uit Gideon se lewe leer. http://youtu.be/pNXEnmIYc94
Fanie van der Schyff - 'n Geknakte riet
Op die algemene jaarkallender is dit "loslit naweek". Dit is 'n bewusmaking van die leef-wêreld van die gestremde. Wat is "normaal en gestremdheid" werklik en wat leer ons Here ons daaroor in sy Woord? Dalk is "normaal" nie noodwendig "normaal" nie en "gestremd" nie noodwendig "gestremd" nie... http://youtu.be/oB6rcHaRo8A |
Argief
September 2024
KATEGORIE |