Jacques Trecoux - Hou aan reformeer – dit was nog altyd nodig
Vandag, so bietjie meer as 500 jaar gelede is die Protestantse Reformasie deur Martin Luther aan die gang gesit. Dit was egter nie die eerste reformasie nie. Reformasie was nog altyd nodig in die kerk van die Here, selfs vandag nog. Vanaand sien ons hoe ons reeds in Ou Testament die beginsels van die Reformasie raakloop... https://youtu.be/69ufLvb2dAw
0 Comments
Daniël Maritz - Doop hulle in die naam van die Vader, Seun, en Heilige Gees
In Matteus 28 kry ons te doen met die instelling van die heilige doop. Wat is die doop en hoekom is dit belangrik en meer nog, hoekom word ons in die naam van die Drie-enige God gedoop. Omdat ons Sondagoggend weer getuies van die heilige doop gaan wees, gaan ons weer by vrae soos hierdie stilstaan. https://youtu.be/0m2uDGNIBfY
Dirk Kotzee - God beweeg sy kinders uit hulle gemaksones
Gemak is sekerlik ’n ding waarna baie van ons streef. Om gemaklik in jou finansies te wees, sodat jy nie hoef te bekommer of jy hierdie maand gaan "úit kom nie". Gemaklik, sodat jy jou gesin met ’n vakansie langs die see kan bederf. Gemaklik in die sin, dat jy nie hoef te bekommer oor die kos, of oor jou kinders as jy jouself bederf met ’n ietsie lekker hierdie maand nie. Gemaklik in jou aftrede, gemaklik in jou alleenloper status. Dit is sekerlik nie ’n slegte ding om na te streef nie. Aan die anderkant is ongemak dikwels ’n geldige rooilig wat jou waarsku. Maar ongemak, lees ons, is nie noodwendig altyd ’n slegte ding nie. En gemak is nie altyd ‘n goeie ding nie. Want dit is in hierdie situasies van ongemak waar die Here dikwels verandering te weeg bring. Verandering in gedrag, verandering in verhoudings, verandering in denke. En dit is waar groei plaasvind! In jou gemakstoel groei mens net in die breedte. As mens uit die gemakstoel opstaan, dan beweeg die bloed en vervoer suurstof na jou brein, na jou hart, na jou hande en jou voete. Wanneer die Here ongemak bewerk in ons lewens, is dit juis om ons harte, gedagtes en dade te verryk en te verander en te vernuwe! https://youtu.be/3lcJ46QaNVQ
Dirk Kotzee - God beweeg sy kinders uit hulle gemaksones
Gemak is sekerlik ’n ding waarna baie van ons streef. Om gemaklik in jou finansies te wees, sodat jy nie hoef te bekommer of jy hierdie maand gaan "úit kom nie". Gemaklik, sodat jy jou gesin met ’n vakansie langs die see kan bederf. Gemaklik in die sin, dat jy nie hoef te bekommer oor die kos, of oor jou kinders as jy jouself bederf met ’n ietsie lekker hierdie maand nie. Gemaklik in jou aftrede, gemaklik in jou alleenloper status. Dit is sekerlik nie ’n slegte ding om na te streef nie. Aan die anderkant is ongemak dikwels ’n geldige rooilig wat jou waarsku. Maar ongemak, lees ons, is nie noodwendig altyd ’n slegte ding nie. En gemak is nie altyd ‘n goeie ding nie. Want dit is in hierdie situasies van ongemak waar die Here dikwels verandering te weeg bring. Verandering in gedrag, verandering in verhoudings, verandering in denke. En dit is waar groei plaasvind! In jou gemakstoel groei mens net in die breedte. As mens uit die gemakstoel opstaan, dan beweeg die bloed en vervoer suurstof na jou brein, na jou hart, na jou hande en jou voete. Wanneer die Here ongemak bewerk in ons lewens, is dit juis om ons harte, gedagtes en dade te verryk en te verander en te vernuwe! https://youtu.be/LHhP3k0cEKM
Jacques Tredoux - ‘n Gesin wat die Here dien
Net voor die volk van die Here in die beloofde land in trek gee Josua hierdie onderneming: “Wat my en my gesin betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons gaan die Here dien.” Is jy en jou gesin bereid om vandag dieselfde te doen? Kom gesels saam by ons laaste gesinsdiens vir die jaar, en kom beleef God se genade deur die doop. https://youtu.be/By2mtRZHatk
Jacques Tredoux - Wag op die Here
Die digter van Psalm 130 bevind hom waar ons almal so baie keer is. Vasgevang in die dieptes van sy sonde en gebrokenheid... Dit is vir baie van ons ‘n donker plek, maar hier leer ons ook hoe om weer in die lig te kom. https://youtu.be/G7I7T1DJxOg
Neels Malan - Gun Jesus as Redder vir jouself en vir mede sondaars.
... https://youtu.be/0HKHkD36rtQ
Neels Malan - Gun Jesus as Redder vir jouself en vir mede sondaars.
... https://youtu.be/GwfBiCra44Q
Jacques Tredoux - Blom waar jy geplant is
Die bekende Afrikaanse spreekwoord sê: “Blom waar jy geplant is”. Maak ‘n verskil daar waar jy jouself bevind. Dit is natuurlik nie altyd maklik nie, veral nie as jy nie in ideale omstandighede “geplant” is nie. Tog is dit die oproep wat die Here deur Jeremia aan sy volk in Ballingskap rig... Dit is ook die oproep wat die Heilige Gees aan my en jou rig, juis in hierdie moeilike tye waarin ons leef! https://youtu.be/xyo7Czr58YU
Fanie van der Schyff - Dorings, plafongebede en oorgenoeg genade!
Paulus het met ''n doring in die vlees' geworstel en dit het regtig vir hom gevoel asof ons Here nie sy worstelgebede wil verhoor nie. Aan die ander kant antwoord ons Here vir Paulus dat sy genade vir hom oorgenoeg is. Hoe hanteer jy in jou daaglikse lewe die spanning tussen dorings en plafongebede aan die een kant teenoor ons Here se genade, wat Hy verklaar, oorgenoeg is? https://youtu.be/ynEphLHKIN8 |
Argief
October 2024
KATEGORIE |