Christiaan Swanepoel - God bring ons in sy teenwoordigheid sodat Hy ons sy wil kan leer ...25/9/2023
Christiaan Swanepoel - God bring ons in sy teenwoordigheid sodat Hy ons sy wil kan leer ...
Jesaja sien uit sy profetiese-oog hoe God sy beloftes volgens die verbond vervul. Die nasies sal na God stroom sodat Hy hulle sy wil kan leer. Letterlik staan daar: “Sodat Hy ons sy weg kan leer dat ons in sy paaie kan loop”. Besef ons die voorreg wat ons ontvang om vandag hier bymekaar te wees as die liggaam van Christus? Besef ons die verstommende genade wat ons van God ontvang om aan ’n erediens te mag deelneem. God het ons na sy teenwoordigheid geroep, Hy leer ons sy wil sodat ons in die lig kan lewe wat Hy vir ons gee. Kom volk van Jakob, kom leer by ons Here sodat elkeen op sy weg kan wandel, ’n weg wat Hy moontlik gemaak het. https://youtu.be/Zk9iDNqS3so
0 Comments
Fanie van der Schyff - Naby en ver
As ons praat van iemand wat ver van ons af is, dan het dit vir ons die betekenis van afstand wat skeiding bring ... daardie persoon is nie hier nie maar daar ver. In Jeremia 23:23 verklaar ons Here dat Hy inderdaad ver is (Hy is in die hemel), maar Hy is ter selfde tyd ook naby! Vir ons is dit 'n kosbare troosgedagte. https://youtu.be/dwahG_JSHjk
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-117
Die kosbare Woord van God: Hebreërs (2) https://youtu.be/i46RoJA_SZ0
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-116
Die kosbare Woord van God: Hebreërs (1) https://youtu.be/bMGmX0Yw1XI
Fanie van der Schyff - Sien en beleef
Sien en beleef is twee noodsaaklike opdragte om in ons geloofsverhouding met ons Here te kan groei en te verinnig. Wat presies moet ons 'sien en beleef' in die realiteit van ons daaglikse lewe? https://youtu.be/awpnv5koGgo
Jacques Tredoux - Jesus is die Here en Christus!
Petrus se toespraak net na die uitstorting van die Heilige Gees, is tot ‘n groot mate die beginpunt van die Nuwe Testamentiese kerk. Dit is die begin van die Jesus se geloofsfamilie waarvan ek en jy deel is. Ja, oor die jare het daar baie ander dinge gekom wat soms die aandag van kerkwees steel, maar as ons vra waaroor dit alles werklik gaan – Ons moet weet dat Jesus die Here en die Christus is! Dit is ons fondament en ons ewige hoop... https://youtu.be/yTaTcqO4LoA
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-115
Die kosbare Woord van God: Filemon (2) https://youtu.be/jvIE2gxB-NA
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-114
Die kosbare Woord van God: Filemon (1) https://youtu.be/Bu_r9VL825I
Daniël Maritz - Roeping – Wat gemaak met die vraag oor saambly voor die huwelik?
Ons lewe in 'n tyd waar vrae aangaande seksualiteit baie prominent is. Een van die vrae wat die laaste paar dekades ook vir jongmense op die voorgrond staan is die vraag rondom saambly voor die huwelik? Wat is 'n goeie, regte en sensitiewe manier om die vraag te benader? Sluit gerus by ons aan soos wat ons dit Sondagaand voor die Rugby bedink. https://youtu.be/DxlF1EEyX0E Riaan Wattel - Roeping God sluit deur die kerk se verkondiging van die evangelie die koninkryk...10/9/2023
Riaan Wattel - Roeping – God sluit deur die kerk se verkondiging van die evangelie die koninkryk...
Ons kan vraag 83 en 84 van die kategismus as volg opsom: God sluit deur die verkondiging van die evangelie die koninkryk van die hemel vir gelowiges oop en vir ongelowiges toe. Vir hulle wat die evangelie in geloof aanneem word die koninkryk oop gesluit en vir die wat die evangelie verwerp word dit toe gesluit. Ons kan sien hoe die Here juis dit doen deur Paulus se verkondiging van die evangelie in handelinge 17. Ons gaan daarom op grond van ons Skrifgedeelte en die Kategismus ingaan op die volgende drie punte: 1. Die evangelie as sleutel vir die koninkryk 2. Die boodskap wat die evangelie verkondig 3. Die Kerk se verkondiging van die evangelie https://youtu.be/mQe072vKCMc |
Argief
October 2024
KATEGORIE |