Jacques Tredoux - Nie in Israel nie, maar in Jesus se (kaalvoet) voetspore...
Die profeet Amos spreek die volk van die Here aan omdat hulle arm mense uitbuit, in plaas daarvan om hulle by te staan. Die gevolge is verskriklik – God se oordeel sonder uitkoms! As volgelinge van Jesus, behoort ons ook arm mense by te staan en te help. Nie om God se oordeel vry te spring nie, maar omdat ons dit reeds vrygespring het! Met vanaand se kaalvoetkerk, dink ons saam hoe ons vir Jesus eerder as Israel kan navolg... https://youtu.be/KY3NCEj9eKI
0 Comments
Piet Venter - Jy is nie ʼn sondaar nie, maar ʼn kind van God! Leef soos een!
Hoe dink jy aan jouself as gelowige? Hoe sien jy jouself voor God staan? Sien jy jouself as ʼn sondaar of sien jy jouself as ʼn kind van God? Hierdie is ʼn baie belangrike vraag en die antwoord daarop is regtig van lewensbelang! Hierdie vraag bring ons by ons identiteit voor God. Wie is ek in die oë van God en hoe dink God oor my? En hierdie identiteit bepaal hoe ek as mens gaan lewe! Baie gelowiges dink nog aan hulleself as “sondaars” en leef daarom soos mense wat nog slawe van die sonde is! As ek aan myself dink as ʼn “sondaar”, dan gaan ek ook soos een in die sonde wil bly lewe! Dan bepaal hierdie identiteit - wat ek verkeerdelike aan myself toeken - ook my lewenswyse op ʼn verkeerde manier! En daarom moet ons vanmore ons identiteit in Christus baie mooi omskryf, ons moet presies verstaan wat dit beteken en vir onsself in die geloof toe-eien! Want dan kan ons ook leef soos God wil hê ons moet leef! Dan kan ons ons kinders reg leer oor wie hulle is en hoe hulle voor God moet lewe! In die lig hiervan sê die Here vanmore vir jou: Jy is nie ʼn sondaar nie, maar ʼn kind van God! Leef soos een! https://youtu.be/vWcnYVv3pfk
Marnus Venter - Ons Hemelse Vader se hernu aardse gesinsverhoudings
Beide van die seuns is weens die sonde verlore, maar die vader verwelkom die wegloper met 'n groot maaltyd en die ouer seun word opgesoek. Die ouer seun is metafories van Israel en wegloop kind is die verlore volke van die aarde, en die Here is opsoek na al sy kinders en stuur Jesus om ons te kom soek en terug te bring na ons Vader toe. Ons gesinsverhouding is deel van wat ons vorm en beinvloed hoe ons nuwe verhoudings vorm. Hetsy romantiese, vriendskaps of familieverhoudings; alle verhoudings word beinvloed deur ons verhouding met ons ouers. Die spiraal van seer maak en swak verhoudings kan slegs verander word deur mekaar te vergewe en genade te gee. Ons kan dit slegs doen deur die vergifnis en genade wat ons self ontvang by die Here. Op Vaders dag kan ons familie verhoudings weer met nuwe harte benader. https://youtu.be/q36aim0SXrw
Fanie van der Schyff - Koning en Regter
In die GKSA is vandag afgesonder as 'Dag van verootmoedinging''. Tydens so 'n geleentheid dink ons aan die een kant opnuut weer aan ons eie nietigheid en totale afhanklikheid, maar aan die ander kant laat dit ons eenvoudig net weer opnuut in verwondering voor God se onbegryplike grootheid staan ... Hy is ons ewige Koning en Regter! https://youtu.be/LNwr9xG0Et4
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-97
Die kosbare Woord van God: 1 Korintiërs (2) https://youtu.be/V2mVXwqw76c
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-96
Die kosbare Woord van God: 1 Korintiërs (1) https://youtu.be/IqoxY45xjxc
Fanie van der Schyff - Getuigskrifte!
Soos wat jou eksamenuitslae iets van jou 'akademiese-menswees' weerspieël, so weerspieël ons lewens as Christene ook iets van ons 'geloofs-menswees'. Ons almal saam (en ook elkeen afsonderlik) IS getuigskrifte van Christus hier op aarde, oral , altyd. Die enkele vraag is uiteindelik: "Is ek 'n kragtige getuigskrif van ons Here, of ..."? https://youtu.be/t46PuOCSdlo
Jacques Tredoux - Vry om te rus!
Uitbranding in die werksplek is iets wat die laaste paar jaar baie fokus geniet. Behalwe vir die werksdruk, sal meeste mense gou vir jou vertel dat hulle geldsake beroerd lyk, die kinders se akademie en aktiwiteite hulle tol eis en daar nie genoeg tyd in ‘n dag is om by alles uit te kom nie. “Dit gaan goed, maar besig”, hoor ons gereeld. In só ‘n lewe is daar iets waarna ons almal smag: Rus! Die goeie nuus is dat ons in Jesus vry is om te mag en kan rus... https://youtu.be/wM4BUF3kKTw
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-95
Die kosbare Woord van God: Romeine https://youtu.be/m1tyU1KBscs
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-94
Die kosbare Woord van God: Die lewe van Paulus https://youtu.be/Ro9VU2d1was |
Argief
October 2024
KATEGORIE |