Chris de Beer - Die pad waarop Jesus se Gees ons lei
Die pad waarop Jesus se Gees ons lei is baie spesiaal. Vanaand gaan ons op hierdie pad loop om te sien hoe lyk hierdie pad en wat is die padreels. http://youtu.be/4fIgvrFhLZ4
0 Comments
Fanie van der Schyff - Ons Herder se stem
Jesus maak Homself bekend as die Goeie Herder. Hy ken ons as sy skape elkeen by die naam en roep ons. By Hom is ons veilig en word ons ook deur gevare heen in vrede gelei na ewige rus. Dit is die een kant van Jesus se preek. Die ander kant is die vraag: 'Volg jy die roepstem van die Goeie Herder', want ... http://youtu.be/b4Ro_cXlcjE
Chris de Beer - Die Hodos saam op Jesus se pad
http://youtu.be/x-nv2VWKqHw
Chris de Beer - Die Hodos: saam op Jesus se pad
Die eerste gelowiges was nie noodwendig Christene genoem nie, maar eerder “mense van die weg.” Vanaand gaan ons kyk wat dit behels om saam op Jesus se pad te loop. http://youtu.be/7IDxvCRJiww
Fanie van der Schyff - 'Dan'
Die woordjie 'dan' dui op tydsgebeure ... op iets wat vooraf gebeur het wat 'n beduidende implikasie het op wat volg. Toe Jesus net voor sy hemelvaart sy dissipels uitgestuur het, was sy woorde: "Gaan DAN dissipelend na al die nasies..." Gaan DAN , want: (1) Christus beveel dit (2) Hy rus jou toe om dit te kan doen (3) Hy is waardig dat jy gelowig gehoorsaam moet wees. http://youtu.be/H1U2-bfaYkM
Paul Grobler - Watter sekuriteitsmaatskappy gebruik jy?
Vandag in Suid-Afrika voel ons soms onveilig en gebruik ons sekuriteitsmaatskappye om ons te beskerm of ons besittings op te pas. Ons doen dieselfde ook soms wanneer dit by ons hart en gedagtes kom. Ons probeer ons veiligheid vind in geld, status of tradisie. God roep ons egter om nie ons veiligheid daarin te vind nie maar in God, maar meer as dit is dat hy nie net ‘n muur van vuur rondom ons wil wees nie maar dat Hy binne ons wil woon. Paulus moes hierdie ook besef, sy mure afbreek en vertrou op God om sy veiligheid te wees. http://youtu.be/scK6vRvvRwE
Fanie van der Schyff - Toe
Die woordjie 'toe' is 'n woordjie wat tyd aandui. Dit sê dat daar iets vooraf gebeur het, met iets wat daarop volg. 'Toe' verbind die verlede aan die hede. Ons Here het een keer op 'n ingrypende manier sy volk Israel uit die mag van die Egiptenare gered en toe 'Tien Gebooie' vir hulle gegee. Dit was vir hulle 'n nuwe begin! Besef jy dat daar in jou eie lewe ook 'n 'toe' was ... 'n nuwe begin? http://youtu.be/7w-dOAq3Bpc
Dirk Kotzee - Die Woord van God openbaar die God van die Woord!
Sommige mense dink die Bybel is ’n boek vol reëls wat vir ons vertel wat ons moet en nie moet doen nie. Ander dink weer die Bybel is ’n boek vol helde wie se voorbeeld ons moet volg en wie se morele lessies ons moet leer en toepas in ons lewens. So is daar baie verskillende benaderings tot die Woord van God. Gevolglik is dit moontlik om die Bybel te lees, te bestudeer en groot dele te onthou, maar tog die hele punt van die Bybel te mis. Vanaand kyk ons aan die hand van die Emmausgangers en Jesus se verklaring aan hulle, hoe ons die Woord van God moet bestudeer. http://youtu.be/wOorfaSuV6c
Fanie van der Schyff - Die ander werklikheid
Die ander werklikheid Fanie van der Schyff Talle mense onder ons gaan 2016 met n swaer gemoed binne. Die droogte en erge hitte sny diep en raak.....miskien voel jy ook moedeloos. Ons Here is ons groot ontfermer en ken ons deur en deur en juis daarom herrinder Hy ons ook aan die ander, groter werklikheid as die een van hier en nou! http://youtu.be/5TtelwQHV0M
Fanus Heystek - Jesaja 7: 2, 10 - 17 (7:14)
Jesaja 7: 2, 10 - 17 (7:14) http://youtu.be/220pZz2sFns |
Argief
September 2024
KATEGORIE |