Daniël Maritz - Die Uitverkiesing
Wanneer ons saamdink oor die volgorde van ons verlossing, dan is die uitverkiesing die eerste tema om by stil te staan. Van ons het miskien baie vrae oor die woord "uitvierkiesing" en wat dit alles behels. Skakel gerus Sondag in wanneer ons gaan worstel met die sentrale plek van ons uitverkiesing in ons verlossing. https://youtu.be/w_TgKwt8H2o
0 Comments
Daniël Maritz - Klankoordenking 6-3
Nederlandse Geloofsbelydenis - Artikel 2 https://youtu.be/G2Xqx8CTrQc
Daniël Maritz - Klankoordenking 6-2
Nederlandse Geloofsbelydenis - Artikel 1 https://youtu.be/brTOPODAvRs
Daniël Maritz - Klankoordening 6-1
Nederlandse Geloofsbelydenis - Inleiding https://youtu.be/Buhy9-ayIxM
Fanie van der Schyff - Alles ... behalwe
Alles het in 'n oogwink verander ... in ons eie land en internasionaal. Tog is daar een vaste sekerheid wat onveranderd bly, en dit is ons Here se liefde vir ons. Ons vaste troos is: ALLES hier op aarde is onseker ... BEHALWE ons Here se liefde vir ons! Ons fokus DV in die volgende aantal weke daarop ... https://youtu.be/wyFxv0ON8t0
Jacques Tredoux - Oop en toe deure
Paulus en Timoteus het baie goedbedoelde planne gehad om die evangelie in Asië te verkondig. Tog het die Here vir hulle die deur soontoe toegemaak deurdat die Heilige Gees hulle verhinder het. Wanneer die Here egter deure toemaak, maak Hy altyd ander weer oop. Miskien moet ons so aan die begin van ‘n onsekere jaar leer om die Here se oop deure te volg? https://youtu.be/Myfztq5bAKM
Jacques Tredoux - Bang vir 2021? Moenie wees nie!
Waar ons gewoonlik ‘n jaar met opgewondenheid en verwagting begin oor dit wat voorlê, begin baie mense hierdie jaar met vrees en angstigheid... Wat gaan die impak van ‘n tweede en selfs moontlik ‘n derde of vierde vlaag van die virus beteken? Die sterftes is nie meer net nommers nie, maar name van mense wat ek ken, en liefhet. Die onbekende en onsekerheid van die jaar wat voorlê, stem baie van ons negatief. Tog is ons nie die eerste mense wat so ‘n moeilike onbekende tyd in die gesig staar nie. Die volk van die Here moet die beloofde land inneem, maar hoe gaan hulle dit doen? Die mense daar is reuse en die volke is sterk. Tog is daar hoop! Ook vir ons. Vanoggend sien ons hoe die regte perspektief, God se perspektief, maak dat ons nie bang hoef te wees vir die nuwe jaar nie... https://youtu.be/zcQpbJgIED0
Fanie van der Schyff - Ons hulp is in die Naam van die Here ...
"Ons hulp was in die Naam van ons Here Ons hulp is in die Naam van ons Here Ons hulp sal vir ewig in die Naam van ons Here wees" Met hierdie belydenis het ons 2020 afgesluit en gaan ons 2021 binne ... https://youtu.be/6-FzIRe5D6k |
Argief
October 2024
KATEGORIE |