De Wet Coetsee - 'n Omgekeerde koninkryk
Hoe het dit gewerk dat Petrus van n verraaier kon gaan na die rots van die kerk? Wat het gemaak dat Paulus al die aanslae van die mense kon trotseer? Kom kyk saam met my vanaand wat het gebeur dat hierdie manne dit kon regkry. *DIe onregverdige stad. Nineve was 'n stad vol onreg en bekend vir geweld. Jona het sonder veel verwagting die bekeringsboodskap gebring, maar nadat hy slegs een dag besig was, kom die hele stad tot bekering. UIterlike en innerlike berkering vind plaas en aan Nineve word 'n tweede kans gegee. * Die barmhartige God. Die Here is regverdig maar ook barmhartig. In Jesus Christus gee vir ons 'n tweede kans, 'n tweede lewe! Wat is jou reaksie hierop? https://youtu.be/FrIRkBLc4fE
0 Comments
Danie Potgieter - Die wonder van 'n stad wat tot bekering kom
* Die hardkoppige profeet. Jona wou vir die Here wegvlug maar die Here was nog nie klaar met hom nie. Deur 'n groot wonder word Jona se lewe gered deur 'n vis wat hom insluk en weer op uitspoeg. Jona kry nou 'n tweede kans, 'n tweede keer die opdrag om na Nineve toe gaan. *DIe onregverdige stad. Nineve was 'n stad vol onreg en bekend vir geweld. Jona het sonder veel verwagting die bekeringsboodskap gebring, maar nadat hy slegs een dag besig was, kom die hele stad tot bekering. UIterlike en innerlike berkering vind plaas en aan Nineve word 'n tweede kans gegee. * Die barmhartige God. Die Here is regverdig maar ook barmhartig. In Jesus Christus gee vir ons 'n tweede kans, 'n tweede lewe! Wat is jou reaksie hierop? https://youtu.be/zEprdF11CCg
De Wet Coetsee - Hoop - Die Josef verhaal.
Hoe het ons nie nodig om hoop te ervaar in die tye waarin ons leef nie. Josef se verhaal is een van hoop. Hoop gegrond op geloof in 'n getroue God. https://youtu.be/ekuUlPHvCOQ
Fanus Heystek - Die wonderbaarlikheid van God se toorn/oordele
Dit is vreeslik om te val in die hande van God. Dink maar net aan die sondvloed en Sodom. Daarteenoor skets Openbaring ons die wonderbaarlike eindresultaat van God se toorn en strawwe. Hoofstuk 15 staan in hierdie opsig kontrasterend teenoor hoofstuk 16 aangesien daar uit 'n ander hoek na die oordele van God gekyk word. Dit is vir onsself en die wat buite staan van ewigheid belang. https://youtu.be/sCQk-LGAOXI
De Wet Coetsee - 'n Omgekeerde Koninkryk
Stel jouself voor jy kom by die werk en jou werkgewer sê hy/sy het reeds jou werk vir die maand gedoen en jou salaris reeds betaal op die 1ste van die maand. Stel jouself voor die president van die land slaap op straat, sodat iemand sonder ‘n huis in sy bed kan slaap. Stel jouself voor die koningin van Engeland moet wag staan by haar hek, sodat haar wagte veilig kan slaap in Buckingham paleis. Kom stel jouself die dinge en nog meer voor Sondagaand saam my as ons na Jesus en sy leierskapstyl gaan kyk. https://youtu.be/Rqa3ta2UbAg
Flip Buys - Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.
Elke ware kind van God wat ook baie eerlik sy eie lewe in oënskou neem besef dat dit waaragtig van begin tot einde net genade is dat jy nog op die Here se pad is en op sy pad sal kan bly. Wanneer jy eerlik en opreg na jouself kyk, besef jy: Ek is so swak. Ek val self so maklik in sonde. Watter groter troos kan 'n mens dan hê as om te weet dat die almagtige God jou hand vashou, ongeag jou eie swakhede en gebreke, dat Hy jou so vashou dat selfs as jy afdwaal, Hy self jou weer terugtrtek en laat omdraai. Psalm 73 praat van die groot Bybelse waarheid van die genade van God wat met sy kinders volhard dwarsdeur alles heen tot die einde toe. Kom ons kyk na drie aspekte van hierdie genade soos dit uit Psalm 73 na vore kom: 1. Weerhoudende genade 2. Herstellende genade 3. Voltooiende genade https://youtu.be/AxFm4AFhlZI
Fanus Heystek - Twee jaar voor die aardbewing
Ons vra: Waarvoor is Amos geroep? Waar pas die aardbewing in? Wat moet ons aflei uit die “twee jaar voor” die aardbewing? Hoeveel keer word Amos in die NT aangehaal? Wat is die inhoud van die aanhaling uit Amos? Het die Here vir ons boodskappe uit ons teksvers? https://youtu.be/fThgmFtRsrc
Daniël Maritz - Ons kan nou die Here in 'n nuwe verhouding ken!
Ons moet nie die krag van die evangelie onderskat nie. Ons moet dit ook nie beperk tot net sekere areas van ons lewe, soos ons eie binnekamer of ons kerkgebou nie. Nee, Paulus wys juis vir ons 'n paar dinge van die evangelie wat ons nie moet vergeet of onderskat nie: 1.) Dat die evangelie krag het om in die publiek en kultuur verandering te bring. 2.) Dat God groot genoeg is om aanbid te word. 3.) Dat die opstanding van Jesus Christus die geweldige bewys is van ons geloof. https://youtu.be/jIqqUOVJuKg
Daniël Maritz - Die evangelie het krag - moet dit nie onderskat nie!
Ons moet nie die krag van die evangelie onderskat nie. Ons moet dit ook nie beperk tot net sekere areas van ons lewe, soos ons eie binnekamer of ons kerkgebou nie. Nee, Paulus wys juis vir ons 'n paar dinge van die evangelie wat ons nie moet vergeet of onderskat nie: 1.) Dat die evangelie krag het om in die publiek en kultuur verandering te bring. 2.) Dat God groot genoeg is om aanbid te word. 3.) Dat die opstanding van Jesus Christus die geweldige bewys is van ons geloof. https://youtu.be/MHutXZMzrpA
Fanie van der Schyff - Die Nuwe Jerusalem
Ons Here het belowe dat Hy met die wederkoms alles nuut gaan kom maak. Die aarde as ons woonplek en die hemel as God se 'woonplek' word 'n eenheid wat die "Nuwe Jerusalem' genoem word. Dit gaan die nuwe woonplek wees waar ons ewig saam met ons Here sal wees! https://youtu.be/1lI2E9gtmAw |
Argief
October 2024
KATEGORIE |