Fanie van der Schyff - Van kreupel tot geloof
Ons almal sien daagliks ellende. Klim in jou kar en op elke straatkruising staan daar bedelaars ... mense wat jou in die oë kyk om te probeer oorleef. Kleur, ouderdom en geslag speel geen rol nie. Ons Here leer ons deur die optrede van Petrus en Johannes wat destyds vir 'n bedelaar by die tempel nie geld gegee het nie, hoe ons vandag die kwessie van armoede moet hanteer. https://youtu.be/fMwh4-G30ew
0 Comments
Jacques Tredoux - God se dilemma
Regverdigheid en genade is twee woorde wat ons baie in die kerk hoor. Vir baie van ons is dit sulke bekende begrippe dat ons nie eers meer mooi dink wat dit beteken as ons dit hoor nie. Ons weet mos God is regverdig en genadig. Tog is daar 'n probleem. Niemand kan regverdig en genadig op dieselfde tyd wees. Maar God het 'n wonderlike oplossing vir hierdie dilemma... https://youtu.be/-KS52WSNmKQ
Fanie van der Schyff - Tot hier toe......
Geskiedenis kan nie verander word nie. Wat in die verlede gebeur het, het gebeur. Wat tans gebeur ... wel, daaroor het mens nog in 'n mate beheer oor. Wat more met ons gaan gebeur ... dit weet ons nie. Net ons Here is die goue draad wat verlede, hede en toekoms aan mekaar bind. Die pleknaam, Eben-Haeser, lei ons na die belydenis: " ... tot hier toe het die Here ons gehelp". https://youtu.be/eBglzjTC7lI
Jacques Tredoux - 'n Antwoord van hoop in 'n hooplose tyd
Dinge in Suid-Afrika gaan nie so goed nie. Dit weet ons almal. Om die waarheid te sê, meeste van ons is waarskynlik al moeg vir al die negatiewe nuus, hartseer stories en moedelose praatjies wat ons rondom ons hoor. Ons geduld raak op. Ons geld raak op. Ons positiwiteit raak op. Die hartseer is dat dit soms lyk en klink of ons as christene se antwoorde van hoop ook op raak... En dit mag nie! Ons het altyd hoop en kan altyd antwoorde van hoop gee! Ons hoor vanoggend hoekom dit so is... https://youtu.be/9mV05S1FnYU Juan Mienie-Gelowiges God is onpartydig en Hy eis dat ons geloof aan onpartydigheid gekenmerk word.16/6/2019
Juan Mienie-Gelowiges, God is onpartydig en Hy eis dat ons geloof aan onpartydigheid gekenmerk word.
I. God se onpartydigheid leer ons dat ons ook onpartydig moet wees. II. God se wet beveel ons om onpartydig te wees. https://youtu.be/zhD57H05yNI Juan Mienie - Vertroue op die Here gee standvastigheid en die regte uitsig om sy lof te verkondig.16/6/2019
Juan Mienie - Vertroue op die Here gee standvastigheid en die regte uitsig om sy lof te verkondig.
I. Die gevaar van ‘n uitsig sonder die openbaring van God. II. Die ontvangs van ‘n nuwe uitsig kom slegs van God. III. Die standvastigheid deur ‘n nuwe uitsig wat God gee. https://youtu.be/DSV8vJMbvWw
Daniël Maritz - Die ware kind van God
Ons gaan Sondag stilstaan by die groot kontras tussen 'n ware kind van God en die antichris. https://youtu.be/GVJ_wzWz3Mg
Fanie van der Schyff - Pinkster
Ons vier vandag Pinkster. Almal wat daardie dag teenwoordig was in Jerusalem waar dit plaasgevind het, het sintuiglik gehoor, gevoel en gesien hoe die Heilige Gees oor hulle uitgestort is. Die hele stad was verstom dat daar in verskillende tale oor die grootheid van God getuig is. Vandag word twee kindertjies gedoop ... wat beteken Pinkster vir hulle en hule ouers en vir jou? https://youtu.be/sBX0uw_hrBE
Daniël Maritz - Die God met 'n Naam
Uit Eksodus uit gaan ons by so paar van God se eienskappe stilstaan. Sommige teoloë het al gesê dat elke keer wanneer ons sondig dan vergeet ons wie God is. Daarom gaan ons op so paar van God se diepere eienskappe fokus. https://youtu.be/63LqDO8Z6kw
Jacques Tredoux - 'n Groot verantwoordelikheid, maar God is by ons
Vandag beleef ons die tweede doop van vier in net drie weke. Dit is 'n wonderlike voorreg! Dit is ook 'n baie groot verantwoordelikheid... Die Here vertrou hierdie kinders (en in besonder vandag vir klein Hanlé) aan ons toe om hulle van kleins af te leer om vir Hom lief te wees. Hoe moet ons so groot taak aanpak? Ons kyk vandag saam na hoe die Here vir Josua voorberei vir 'n groot taak wat ons kan help met hierdie groot verantwoordelikheid... https://youtu.be/nZX6bZvWfbU |
Argief
October 2024
KATEGORIE |