Johann le Roux - Loop in die voetspore van Christus
“Christus” beteken “Gesalfde” Jesus is die Gesalfde van God. Hy is met die Heilige Gees gesalf. “Christen” is afgelei van “Christus”. Daarom het die benaming “Christen” te doen met salwing. Christene is gesalfdes wat in die voetspore van DIE GESALFDE loop. https://youtu.be/F9H_GVnJPSM
0 Comments
Fanie van der Schyff - Die grootste blydskap!
DIt is oorlog, mense is platgeslaan en moedeloos. Uit die bloute verskyn 'n held wat verlossing bring ... dit is die verhaal wat in Sefanja 3 vertel word. Wat leer dit ons van ons Here en die doop en van lewe en die dood? https://youtu.be/TjQxt2JMPY8
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-37
Ons Here Jesus in Psalms https://youtu.be/EET6l3faz9o
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-36
Die kosbare Woord van God: Psalms https://youtu.be/UK_bh9fjJ-w
Jacques Tredoux - Bring die hoop weer terug
Oorloë, misdaad, armoede, natuurrampe, swak regerings, onregverdige sisteme en so kan ons aangaan... Ons het meer as genoeg rede om hopeloos in hierdie wêreld te wees! Ons is natuurlik ook goed daarmee om ons hoop op allerhande dinge in hierdie wêreld te stel – net om keer op keer teleurgesteld te wees. Tog wys die Bybel vir ons die pad hoe om werklik die hoop weer terug te bring... https://youtu.be/pLVlL3OIjGM
Fanie van der Schyff - Jy is 'n getuigskrif
Ons Here gebruik elkeen van ons (ook ons kinders) as Sy instrumente hier op aarde. Hy noem ons Sy getuigskrifte in hierdie wêreld. Ons moet eerlik dink hoe ons elkeen en ook hoe ons as gesinne elke oomblik as Sy getuigskrifte leef. https://youtu.be/c4tjOOvItXE
Rikus Fick - Die uitnemendheid van Christus - die grond van ons volharding
Ons leef in 'n wêreld waar daar baie goed is wat ons geloof op die proef stel. Dit kan so fel wees dat ons in die geloof kan terugsak. Dit was die situasie onder die Joodse Christene aan wie die boek Hebreërs geskryf is. Om dit te verhoed, word twee opdragte gegee: "Hou vas!" en "Hou aan!". Hou vas aan die belydenis dat Jesus die Seun van God is. Hy is ons Hoëpriester by uitnemendheid - beter as Moses, beter as Josua en beter as Aaron. Na sy volmaakte offerwerk is Hy nou by sy Vader op die troon in die hemel. Hou aan om tot die troon in die hemel in die gebed te gaan. Doen dit met vrymoedigheid, sonder vrees, want deur die werk van Christus is die troon is 'n troon van genade, nie van oordeel nie. Daar kan jy deur Christus jou hart en al sy sorge en vrese voor God uitstort. Jesus, jou Verlosser, tree vir jou in. Sy Vader wat ook ons Vader is, luister graag na sy Seun. Sy Seun tree volmaak vir ons in omdat Hy ook mens op aarde was en weet waardeur ons moet gaan. Wie so aanhou (volhard) sal ook eendag in heerlikheid sonder trane op die wange saam met ons Hoëpriester op die troon sit (Opb 3:21). https://youtu.be/Yzm6CyVArd4
Peet Vermeulen - Jesus Christus is jou enigste lewensroete
Watter rigting bepaal Christus se kruis vir ons? https://youtu.be/LXDhudAyNeo
Douw Breedt - Nugter dink oor God wanneer allerlei verwarrende gedagtes geplant word.
Die moeder van alle misleiding: verwarring oor God. Mense wat verward is oor God, is regtig in die moeilikheid. Daar is nie by verwarde mense geloofsgroei in beproewing nie. Versoekings oorrompel hulle. Hulle meet met verkeerde maatstawwe in hulle oordeel oor mense en het 'n gebrek aan geloofsdade. Die skep van verwarring oor God, is inderdaad die moeder van alle misleiding. In Jakobus lees ons die waarskuwing: “Moenie mislei word nie, my geliefde broers.” Moet op geen manier saamwerk wanneer verwarrende gedagtes oor God by jou geplant word nie. Nugter dink oor God! https://youtu.be/QubcP5JVIr0
Fanie van der Schyff - Vertrou God onvoorwaardelik!
In hierdie lewe gebeur daar dinge met en om ons wat ons glad nie kan verstaan nie of wat ons graag só anders sou wou gehad het. Baie vrae word gevra oor God se betrokkenheid by al hierdie dinge wat ons nie verstaan nie. Uiteindelik kan ons as Christene nie anders as om te bely dat ons God onvoorwaardelik in ons lewens vertrou nie. https://youtu.be/DMzldcwjx-M |
Argief
October 2024
KATEGORIE |