Fanie van der Schyff - 5 Sola's
Ons Here het 500 jaar gelede die reformasie van sy kerk begin na 'n lang droewige tydperk van verval. Ons gedenk dit vandag met groot dankbaarheid. Dit het vinnig duidelik geword dat daar vyf ononderhandelbare geloofswaarhede na vore gekom het waaraan Christene vasgehou het. Hierdie waarhede het alom bekend geword as die sg. "5 Sola's" wat vandag nog ook vir ons kosbaar ononderhandelbaar is * Sola Scriptura - Skrif alleen * Sola Fide - Geloof alleen * Sola Gratia - Genade alleen * Solus Christos - Christus alleen * Soli Deo Gloria - Aan God alleen alle eer https://youtu.be/-tdGbeutegg
0 Comments
Chris de Beer - Huis van gebed
In die Bybel lees ons gereeld van die huis van gebed. Kom luister vanaand waarvoor hierdie huis behoort te bid. https://youtu.be/Pb7n4qaiFqw
Fanie van der Schyff - Huis van gebed
Jesus noem in die Nuwe Testament die tempel "huis van gebed". Hy haal Jesaja uit die Ou Testament aan waar die tempel as plek van aanbidding ook "huis van God" genoem is. Brooklyn Gemeente Oktober 2017 ... is ons werklik "his van gebed"? https://youtu.be/blrZ4Nfd-Ds
Chris de Beer - Wat nou?
Elke nou en dan bevind elkeen van ons, onsself in `n oorgangfase. Dit is `n deurmekaar tyd en `n mens sukkel baie keer om te fokus. Kom luister vanaand hoe kan ons sulke tye effektief hanteer. https://youtu.be/7P07lYCdNe8
Prof Amie van Wyk - Ek het gevind!
(1) Ek het die Bybel gevind! (2 Kon 22:8) (2) Ek het die Christus gevind! (Joh 1:45) https://youtu.be/ho1RASsj_FY
Chris de Beer - In die middel van 3 stede
In antieke tye was daar drie belangrike stede. Die middelste een leer vir ons baie duur lesse. https://youtu.be/BbNkYzH6rGE
Chris de Beer - In die middel van 3 stede
In antieke tye was daar drie belangrike stede. Die middelste een leer vir ons baie duur lesse. https://youtu.be/Mn3v8k7JijY
Flip Buys - Die vreugde van God se vergifnis vir berouvolle sondaars
'n Mens is eers waarlik gelukkig as jy God se vergifnis ervaar. Jy bereik bergtoppe van blydskap as jy weet dat die Here die naaktheid van jou sonde bedek het. Dit is die diepste vreugde wat enige mens ooit kan ervaar; om te weet dat daar niks meer tussen jou en God staan wat ‘n intieme verhouding met Hom versteur nie. Die basis van 'n mens se hele geloofslewe is die sekerheid van God se vergifnis. Iemand wat nie die sekerheid het dat hy deur God vergewe is nie, kan nooit werklik geestelike vreugde ervaar nie. Kom ons kyk in die lig van Psalm 32 na drie sake: 1. Wat beroof jou van hierdie vreugde? 2. Hoe ontvang jy hierdie vreugde? 3. Watter uitwerking het dit in jou lewe? https://youtu.be/pLfrKOCCvWU
Flip Buys - Die vreugde van God se vergifnis vir berouvolle sondaars
'n Mens is eers waarlik gelukkig as jy God se vergifnis ervaar. Jy bereik bergtoppe van blydskap as jy weet dat die Here die naaktheid van jou sonde bedek het. Dit is die diepste vreugde wat enige mens ooit kan ervaar; om te weet dat daar niks meer tussen jou en God staan wat ‘n intieme verhouding met Hom versteur nie. Die basis van 'n mens se hele geloofslewe is die sekerheid van God se vergifnis. Iemand wat nie die sekerheid het dat hy deur God vergewe is nie, kan nooit werklik geestelike vreugde ervaar nie. Kom ons kyk in die lig van Psalm 32 na drie sake: 1. Wat beroof jou van hierdie vreugde? 2. Hoe ontvang jy hierdie vreugde? 3. Watter uitwerking het dit in jou lewe? https://youtu.be/8EtN9Hd5DZU
Fanus Heystek - Wat 'n Goddelike worsteling vir ons
Lees die boek deur en jy sal vind dat God se oordeels- en genadeaankondigings voortdurend afgewissel word. Sy volk se ontrou word deur die huwelik van Hosea met 'n prostituut uitgebeeld. God verwerp haar buite-egtelike kinders ("nie-my-volk-nie") om net daarna Israel weer sy volk te herstel (1:10 en 2:22). Wat moes God nie worstelend deurmaak nie!! https://youtu.be/lbxIvfBHhco |
Argief
June 2024
KATEGORIE |