Jacques Tredoux - Waarheen God vir my wys
Die lewe is vol onverwagse dinge en uitdagende paaie en God roep ons soms om moeilike dinge te doen. So aan die begin van die jaar beleef ons dit baie naby aan ons vel - ons weet nie wat alles voorlê in die nuwe jaar se studies, werk of skool nie. In hierdie bekende verhaal van Abraham se roeping, leer ons hoe om die onbekende in te gaan... https://youtu.be/g9r8uFcJuFc
0 Comments
Jacques Tredoux - Waarheen God vir my wys
Die lewe is vol onverwagse dinge en uitdagende paaie en God roep ons soms om moeilike dinge te doen. So aan die begin van die jaar beleef ons dit baie naby aan ons vel - ons weet nie wat alles voorlê in die nuwe jaar se studies, werk of skool nie. In hierdie bekende verhaal van Abraham se roeping, leer ons hoe om die onbekende in te gaan... https://youtu.be/C8ePvxOoqo0
Daniël Maritz - Die Waarheid en die leuen
As Christene is ons burgers van God se koninkryk, maar ons voer ook ’n stryd vir God se koninkryk. Die vyande van ons siel in hierdie stryd is die Duiwel, ons eie vlees en die wêreld. Ons begin Sondag deur stil te staan by die Duiwel en sy leuens om te sien hoe ons strategie moet lyk in hierdie stryd. https://youtu.be/sQtxpNm7QRY
Jacques Tredoux - Wie is hierdie magtige Koning?
Oral rondom ons is mense besig om te probeer koninkryke oprig. Ons sien dit onder die politici, ons sien dit in die besigheidswêreld, ons sien dit selfs in ons persoonlike lewe. Mense is opsoek na 'n plek waar hulle koning kan wees en die besluite maak. Maar hier in Psalm 24 hoor ons iets heel anders. Ons hoor van 'n magtige Koning wat oor alles en almal regeer... https://youtu.be/VrHpr5FUaas
Fanie van der Schyff - 'n Driedubbele tou
Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets...Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weestand bied. 'n Driedubbele tou breek nie maklik nie. https://youtu.be/yt_Wrx521HA
Jacques Tredoux - Drie generasies, waar sit jy?
Josua en sy huisgesin het die Here geken en voluit gedien. Die volgende generasie het egter nie die Here geken nie... Hoe het dit gebeur? Kom luister vandag na die belangrike rol wat die "tweede" generasie in ons kinders se geloofsvorming speel... https://youtu.be/sa6_B_e_TSA
Jacques Tredoux - Sekerheid vir 2019
In 'n vinnige en vloeibare omgewing met 'n klomp onsekerhede wat vir ons voorlê in 2019, is dit baie nodig vir ons om êrens 'n mate van sekerheid te kry. Die wonderlike nuus vir ons as gelowiges is dat hierdie sekerheid reeds gekom het! Die tyd van God se koninkryk het reeds aangebreek... https://youtu.be/Dz_yBAZjSpU
Fanie van der Schyff - Jesus is ons Logos
In Johannes 1 word Jesus die 'Woord' genoem wat mens geword het en onder ons kom woon het. Die Griekse woordjie wat vir 'Woord' gebruik word, is 'Logos'. Wat beteken dit vir jou vir 2019 dat Jesus jou 'Logos' is? https://youtu.be/J_FMmmtihwQ
Chris de Beer - `n Wonderlike jaar!
Wil jy weet wat dit gaan vat om 2019 `n wonderlike jaar vir jou te maak? Kom luister Sondag oggend! https://youtu.be/sZR_4BKmUos |
Argief
October 2024
KATEGORIE |