Ds. Flip Buys - God se vryspraak maak ons deel van die Regter se huisgesin
In baie opsigte was die verstaan van hierdie teks (Rm 1:17) die beginpunt van die Reformasie. Maartin Luther het geworstel met die vraag: Hoe weet ek dat my saak reg is met God? Toe hy opnuut uit Paulus se brief aan die Romeine die antwoord ontdek, het dit skokgolwe deur die hele wêreld gebring. Kom ons kyk wat hierdie teks in die verband van die hoofstuk en die hele Romeine boek beteken het en hoe die Here steeds vandag deur hierdie teks vandag 'n verskil in ons lewens maak. Ons gaan kyk na die volgende hoofpunte: 1. Vrygespreek in God se hofsaal 2. Kriminele word kinders van die Regter 3. Deur die evangelie bekendgemaak 4. Ontvang dit deur te glo http://youtu.be/4VoY9WtEUFc
0 Comments
Paul Grobler - Waar is Jesus as ek dit die nodigste het?
Ons wonder en worstels soms met waar God inpas in ons lewens. Ons probeer wat met ons gebeur ontrafel en sin maak daarvan. Soms word ons ontnugter deur teleurstellings. Waar is Jesus in dit alles? Ons is soms saam met die emmausgangers oppad en het dan Jesus nodig om ons weer perspektief te gee oor waarmee Hy besig is. http://youtu.be/-EzXYQtd3lA
Fanie van der Schyff - Saai en oes
In Psalm 126 gebruik ons Here 'n eenvoudige landboubeeld om ons iets van die krag van Sy Woord te leer. Sy Woord word vergelyk met saad wat gesaai word en in hierdie beeld is ons die boer wat moet saai. Uiteindelik is dit God wat laat groei. http://youtu.be/e2vaoKsGbcU
Gerhard van Rhyn - Jesus se hart vir verlore mense
http://youtu.be/G_A0XAOOeng
Fanie van der Schyff - Versoen met God
In die konteks van ons land het 'versoeing' 'n polities belaaide woord geword. Almal streef na 'n reenboognasie ... Versoening het egter 'n oneindig dieper dimensie as bloot net dat mense in vrede met mekaar saamleef. Ons is met God versoen, teen 'n baie duur prys. http://youtu.be/9gDLb06qUpY
Fanie van der Schyff - Carpe Diem
Elke dag wat verby is, is 'n dag nader aan die wederkoms van ons Here. Namate die eindtyd nader kom, word die lewe net moeiliker en moeiliker. Luister wat sê ons Here self oor hierdie tyd waarin ons nou leef. http://youtu.be/r46IoS-w4ck Ds Christo Swanepoel - God se bevryding van Sy kinders hou duidelike opdragte vir hulle in11/10/2015
Ds Christo Swanepoel - God se bevryding van Sy kinders hou duidelike opdragte vir hulle in
1. Die hopelose toestand van God se kinders. 2. Die wonderlike plan van God vir bevryding. 3. Die duidelike opdragte vir God se kinders. http://youtu.be/yOTcqMLFhPI
Nikolaas Pienaar - Ek weet dat my Verlosser leef
Die lyding van Job is iets waarmee ons elkeen kan assosieer, want, alle pyn is geldig. Job openbaar ware geloof (kennis en vertroue) te midde van sy lyding. Hierdie geloof gee hom ‘n hoop wat verder as die dood strek, nl. in die opstanding van die liggaam en die ewige lewe. Wat is dit om God te sien? En, smag jy, soos Job, daarna met jou hele lewe? http://youtu.be/FEKqdkF0uuE
Fanus Heystek - Hoe is my godsdiens ingeklee?
Matteus 9 verklap iets van godsdiensinkleding van drie groepe: a) fariseërs, b) disipels van Johannes en c) Matteus (tollenaars). Volgens die gedeelte is daar ‘n verband tussen godsdiensinkleding en gelapte klere en die gooi van wyn in ou of nuwe wynsakke. http://youtu.be/RVldgBb7THA |
Argief
June 2024
KATEGORIE |