Fanie van der Schyff - Ek seën jou
"Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!" ~ Num 6:24-26 https://youtu.be/BzE1FawgU2I
0 Comments
Jacques Tredoux - "Wat soek julle?"
Die eerste woorde wat Jesus in die Johannes Evangelie sê is: "Wat soek julle?" Nogal treffend en so effe onverwags... Tog is dit 'n vraag wat ons elkeen vir onsself moet afvra. Wat is dit wat ek regtig in die lewe wil hê? Kom dink vanaand saam oor hierdie lewensbelangrike vraag. https://youtu.be/_Q4pLKX8wzU
Jacques Tredoux - "Wat soek julle?"
Die eerste woorde wat Jesus in die Johannes Evangelie sê is: "Wat soek julle?" Nogal treffend en so effe onverwags... Tog is dit 'n vraag wat ons elkeen vir onsself moet afvra. Wat is dit wat ek regtig in die lewe wil hê? Kom dink vanaand saam oor hierdie lewensbelangrike vraag. https://youtu.be/cHXysS8GV18
Richard Verreine - Draers van 'n groot waarheid
"En dit staan bo alle teenspraak dat die geopenbaarde waarheid van ons godsdiens groot is ..." (1 Tm 3:16a). Wat is hierdie waarheid en hoe raak dit jou lewe? https://youtu.be/I9z9w7buzsA
Jacques Tredoux - Volmaakte vryheid
Alle mense wil graag vry wees. Vir baie mense is vryheid die heel belangrikste ding in die lewe. Die vraag is egter wat beteken ware vryheid en hoe kan ons dit kry? Kom luister vanaand hoe Jakobus ons leer dat ware vryheid op 'n manier kom wat ons dalk nie sou verwag nie... https://youtu.be/4rDtvcco8Ko
Fanie van der Schyff - God se huisgesin
Ons Here Jesus was deel van 'n biologiese gesin net soos ons ook. Hy wys ons egter daarop dat elkeen wie in Hom glo ook deel is van God se huisgesin. As gesinslede in God se huisgesin is ons die draers en beskermers van die waarheid van die Woord wat aan ons toevertrou is ... https://youtu.be/eTLvkSX4gRM
Chris de Beer - Die Handelinge van die Gees
Het jy al die Heilige Gees ervaar in jou lewe? Kom luister Sondagaand hoe om die Gees se werk in ons lewens te erken en waardeer. https://youtu.be/a584NgnDWXs
Jacques Tredoux - Homoseksualiteit - Waarheid, liefde & genade
Die afgelope paar weke ervaar ons weer die hartseer realiteit van hoe 'n baie sensitiewe debat oor homoseksualiteit in die kerk (veral die NG Kerk), op sosiale media en in die koerante gevoer word. Almal het baie sterk opinies en gooi beskuldigings na mekaar van beide kante. Die skade wat dit aan die kerk van Christus en aan mense wat hiermee worstel doen, is ondenkbaar. Almal van ons word tot 'n mindere of meerdere mate hierdeur geraak, en daarom moet ons saam na die Here se Woord gaan vir leiding. Vanoggend wil ons in nederigheid probeer hoor wat die Bybel ons hieroor leer... https://youtu.be/6rvrinvIdM8 |
Argief
October 2024
KATEGORIE |