Daniel Maritz - Die weg van die wêreld
Ons sluit af met ons reeks oor die vyande van ons siel. As burgers in God se koninkryk is ons daagliks in ’n stryd teen drie vyande, naamlik die duiwel, ons eie vlees en die wêreld. Ons staan Sondag stil by die wêreld as die laaste vyande teen wie ons daagliks oorlog voer. https://youtu.be/uWCD1XXRzvI
0 Comments
Fanie van der Schyff - Die magtige verskyning van die Koning
Ons bely so maklik met die mond dat ons Here Koning oor alles en almal is. Wanneer daar egter storms in die lewe oor ons uitbars, begin ons soms met die hart twyfel of ons Here werklik Koning is. In Esegiël 1 vind ons die troos en sekerheid "ja ons Here is werklik Koning" https://youtu.be/o-fWrjbE-iE
Fanie van der Schyff - Net een koning
Die Skrif getuig onomwonde van die bestaan en die werk van God die Vader, Seun en Heilige Gees. Tog bely en aanbid ons nie drie afsonderlike gode nie, maar een Enige God as ons Here en ewige Koning. Die belangrike vraag aan ons elkeen is: Wat beteken die geheimenis van die Drie-eenheid van God vir jou vandag in 2019? https://youtu.be/LXS29XZJm38
Jacques Tredoux - ‘n Ewige verbond – Die belofte van ‘n volmaakte verhouding
God is 'n God van verhoudings en daarom sluit Hy 'n verbond met sy kinders. Ons is ook deel van hierdie verbond en elke keer wanneer ons die voorreg het om 'n babatjie te doop word ons weer daaraan herinner. Kom beleef hoe die Here vandag deur die doop weer sy verbond met ons bevestig... https://youtu.be/si1f5zgOrrg
Jacques Tredoux - Wil julle nie ook weggaan nie?
In Johannes 6 maak Jesus dit baie duidelik dat Hy die enigste pad na God toe is en dat sy liggaam en bloed die kos en die drank van die ewige lewe is. Dit is egter een te veel vir die Jode en die mense wat vir Jesus gevolg het begin wegloop. Tog is Jesus se reaksie hierop verstommend - nie paniek nie, maar 'n vraag wat tot in die diepste dele van ons harte sny: "Wil julle nie ook weggaan nie?" https://youtu.be/zZnNNhvfSzM
Chris de Beer - Die kuns van besluitneming
Goeie besluite is een van die geheime vir `n betekenisvolle lewe. Kom luister Sondag oggend watter raamwerk jy nodig het om die regte besluite te maak, sodat jy ware vreugde ervaar. https://youtu.be/yanivvV_sj8
Jacques Tredoux - 'n Koninkryksbril
Almal van ons het 'n bril waardeur ons na die lewe kyk. Hierdie bril bepaal nie net hoe ons alles sien nie, maar dit beïnvloed ook hoe ons voel, optree en besluite maak. Hier in Korintiërs leer Paulus ons hoe dit lyk as ons deur 'n Koninkryksbril na die lewe kyk en dit is 'n wonderlike ervaring! https://youtu.be/KooANnemB6w
Daniël Maritz - Prys die Here - ons is uitgekies om Syne te wees!
Johannes kom deel fasinerende waarhede met ons in Openbaring en soos wat ons fokus op die koninkryk van God hierdie jaar, gaan ons Sondagoggend stilstaan by die heerskappy van die Lam van God en hoe God ons deur die Lam uitgekies het om Syne te wees. https://youtu.be/1P-3CGXS5X8 |
Argief
October 2024
KATEGORIE |