Fanie van der Schyff - Ono
Nehemia word deur ons Here geroep om die mure van Jerusalem te herbou. Menslik gesproke het alles teen hom getel...hy was maar net die magtige koning Artasatra van Persië se skinker. Nadat hy wel die taak begin het met God se seën, probeer 'n groep mense hom by Ono van stryk bring. Wat is die "Ono" in jou eie lewe? https://youtu.be/fVXN5eGXM2s
0 Comments
Chris de Beer - Wie is Hy vir jou?
Wie is Jesus vir jou? Die antwoord op hierdie vraag mag dalk die belangrikste een wees van jou hele lewe. Kom luister gerus vanoggend hoe jou siening oor Jesus se identiteit jou hele lewe bepaal. https://youtu.be/THX0Y4pUqyE
Fanie van der Schyff - Here, my Hulp!
"Ons hulp is in die Naam van die Here" ... ons bely dit so dikwels in die erediens. Besef jy werklik waarom ons dit doen en wat dit vir ons elkeen beteken? https://youtu.be/pmHbcI-kq2M
Fanus Heystek - Geloof of beloning?
Gedurende die Middel Eeue het die klem op goeie werke en beloning geval. Met die Reformasie het die fokus verskuif na: deur die geloof alleen en alles uit genade. Die Bybel leer beide - hoe nou? https://youtu.be/LKFQQWd_zt4
Fanie van der Schyff - God se Boodskap van Hoop! (Kerssangdiens)
https://youtu.be/L9UAWZw6KoI
Fanie van der Schyff - Christus alleen!
Die gemeente in Korinte was die sogenaamde 'probleem-gemeente' van Paulus. Teenoor onderlinge verskille in die gemeente wys hy hulle daarop dat Christus alleen altyd sentraal moet staan in alle vorme van bediening (1 Kor 2:2). hoe kosbaar is die boodskap van die kruis nie ook vir ons nie (1Kor 1:18)! https://youtu.be/_99bQXE_CeI
Chris de Beer - Versoening
Wanneer ons nagmaal vier, vier ons God se groot versoeningswerk! Kom luister vanaand hoe dit elke dag van ons lewe affekteer. https://youtu.be/OXCD6phR75Q
Fanie van der Schyff - Geloof alleen!
"Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel" - dit is die woorde van ons Here Jesus self (Lk17:1). In Markus 9 hoor ons 'n moedelose pa, wat voel asof hy wil struikel, uitroep "Help my waar ek nog ongelowig is" (:24) en Jesus se dissipels wat gevoel het asof hulle wil struikel "Gee ons meer geloof" (Lk 17:5). Daar is so baie dinge wat ons ook vandag laat stuikel ... waar staan jy in jou geloof? https://youtu.be/zi0GptbYH3M |
Argief
October 2024
KATEGORIE |