Jacques Tredoux - Lewende klippe van God se huis
God het nie meer tempels, priesters, offers en allerhande ander dinge (wat vandag vir ons baie vreemd is) nie. Al hierdie dinge het gewys na een persoon – Jesus! Deur Jesus is God besig om vir Hom ‘n nuwe huis te bou. Ek en jy is lewende klippe van hierdie huis! Vandag is daar 9 jongmense wat hulle geloof bely en voor ons almal sê: “Ek wil ook ‘n lewende klip van God se huis wees!” https://youtu.be/mZNCmYTGAfg
0 Comments
Jacques Tredoux - Is dit die einde?
Die tweede groot oorlog wat uitbreek in minder as ‘n jaar... Is die derde wêreldoorlog op ons? Is alles wat ons in die wêreld sien nie die tekens van die einde wat naby is nie? As dit wel so is, hoe behoort ons as Christene te reageer? Kom ons luister vanaand na die rigting wat Jesus vir ons gee hier in Matteus... https://youtu.be/CUZGCWY5Pf0
Theuns Potgieter - Die Here ken as Herder die behoeftes van sy skape
Israel moet in ballingskap hoor dat die Here hulle Herder is en dat Hy vir hulle elkeen op ‘n persoonlike en intieme wyse sorg en liefhet. Toe Jesus Christus na hierdie wêreld toe gekom het, het Hy kom wys deur sy eie lewe af te lê vir sy skape dat Hy ons innig liefhet en persoonlik vir ons sorg. https://youtu.be/BXM978HOJF8
Daniël Maritz - Die Probleem van Woede
Ons staan Sondagaand stil by die probleem van woede? Wat is woede? Hoekom word ons soms woedend en wat is die oplossing daarvoor? Hierdie is van die vrae waarna ons gaan kyk om weer te sien hoekom woede en wraak tereg op lys van die sewe dodelike sondes verskyn en hoe Christus die oplossing hiervoor is. https://youtu.be/55N6f3OGnmQ
Chris de Beer - Gesonde bome dra gesonde vrug
Die Bybel gebruik soms die beeld van `n boom om ons verhouding met God te beskryf. Die groot vraag vandag is: watter tipe vrug dra jy? https://youtu.be/_rVAFaJLkJI
Jacques Tredoux - Rein of onrein?
Jesus konfronteer die fariseërs en sy dissipels met hulle verstaan van wat ‘n mens rein of onrein maak. Hoewel ons vandag niks meer met die reinigingswette van die OT te doen het nie, moet ons nie dink dat hierdie gedeelte niks vir ons te sê het nie. Jesus bring ons ook voor die realiteit van die wat in ons eie harte aangaan – ‘n voortdurende stryd tussen rein en onrein! https://youtu.be/z5JsMtEuAGE
Fanie van der Schyff - Gewillig en met vreugde
Elkeen van ons wat belydenis van geloof afgelê het, het daardie dag teenoor ons Here belowe om my gawes gewillig en met vreugde aan te wend binne Sy koninkryk. Kan jy met eerlikheid verklaar dat jy jou steeds aan daardie belofte hou? https://youtu.be/uqAf2WuBQ9g
Riaan Wattel - Christus, ons enigste wins.
Alleen deur eenheid in geloof met Christus kan ons geregverdig word en dit alleen deur die Heilige Gees. Ons vertrou nie om uiterlike tekens nie. Ons sekerheid lê in Christus en Sy dienswerk https://youtu.be/JGp0pgiD91c
Jacques Tredoux - Diep getref deur God se beloftes
In Petrus se toespraak net na die uitstorting van die Heilige Gees, verduidelik hy hoe al God se beloftes in Jesus vervul is. Hierdie beloftes is egter nie net vir die mense wat daardie dag was nie, maar ook vir ons en ons kinders... Vanoggend word ons weer deur die doop aan hierdie beloftes van God herinner. https://youtu.be/bQ2Ug1UpR78 |
Argief
April 2025
KATEGORIE |