Jacques Tredoux - Saam in ons bootjie
Hierdie week begin 'n splinternuwe hoofstuk vir 'n klomp eerstejaarstudente. Die oriëntasie week het afgeskop en die stilte voor die storm is verby. Al die uitdagings, opwinding, vrese en onsekerhede moet nou gepak word. Vir baie ander van ons is die jaar al goed aan die gang en tog is ons almal eintlik maar in dieselfde bootjie... Elke jaar bring nuwe uitdagings, opwinding, vrese en onsekerheid vir ons almal. Die vraag is - wat maak ons hiermee? Onthou ons dat daar Iemand saam ons in hierdie bootjie is? https://youtu.be/w3wG8WDIY78
0 Comments
Fanie van der Schyff - Jy is Myne!
Ons Here God self verklaar " Jy is Myne". Watter troos is dit nie vir ons en ons kinders nie! https://youtu.be/76GMKZCZUoM
Daniël Maritz - Is Jesus net 'n broodgewer of 'n lewegewer?
Ons gaan stilstaan by een van die "Ek-is" uitsprake van Jesus. Maar die groot vraag wat ons in die oë staar is wie is Jesus? Is Hy maar net iemand wat aan ons materialistiese behoeftes voldoen, of is Hy die lewegewer? https://youtu.be/3VCxPPdxlp8
Jacques Tredoux - My geloofs-roadtrip
Vanoggend is 'n baie besonderse dag. Ons het 'n gesinsdiens asook 9 jongmense wat hulle geloof bely. As gelowiges glo ons dat die lewe 'n reis oppad na 'n bestemming is - Ons ewige lewe saam met God. Hierdie reis is egter nie 'n reguit vlug nie, dit is eerder 'n roadtrip vol hoogtepunte, laagtepunte, afdraaipaadjies en klomp landmerke langs die pad... Vanoggend beleef ons iets van hierdie roadtrip en die hoogtepunte daarvan! https://youtu.be/C2WZcw-0JSc
Fanie van der Schyff - Waar alles begin
Ons Here se bediening op aarde was in geheel deur gebed gedra. Tans bid Hy vanuit die hemel vir jou. Ook Paulus en al die ander apostels se bedieing was deur gebed gedra. Ons kan ook nie bedien sonder gebed nie ... https://youtu.be/lQ-3H_z6nEA
Fanie van der Schyff - Waar alles begin
Ons Here se bediening op aarde was in geheel deur gebed gedra. Tans bid Hy vanuit die hemel vir jou. Ook Paulus en al die ander apostels se bedieing was deur gebed gedra. Ons kan ook nie bedien sonder gebed nie ... https://youtu.be/kNs-QZ_3eoY
Fanie van der Schyff - Breek die mure af
Nehemia kry die opdrag van ons Here om Jerusalem se mure op te bou na die ballingskap. Esra gee opdrag dat die volk daaroor moet juig en fees vier. Sagaria sien in 'n visioen van ons Here Jerusalem sonder stadsmure. Wat beteken dit vir jou as Christen aan die begin van 2020? https://youtu.be/Kgiqi4A5HnQ
Jacques Tredoux - Hoe om rustig te slaap
Baie van ons gaan die jaar in met groot opgewondenheid oor wat voorlê. Ander gaan egter die jaar in met groot kommer oor al die uitdagings wat kom. In hierdie Psalm van Dawid, leer ons hoe ons met bekommernisse in ons harte nogsteeds 'n aand rustig kan gaan slaap... https://youtu.be/uUoZ8PC4ijI
Jacques Tredoux - Hoe om rustig te slaap
Baie van ons gaan die jaar in met groot opgewondenheid oor wat voorlê. Ander gaan egter die jaar in met groot kommer oor al die uitdagings wat kom. In hierdie Psalm van Dawid, leer ons hoe ons met bekommernisse in ons harte nogsteeds 'n aand rustig kan gaan slaap... https://youtu.be/lbMeCNmG7nc |
Argief
June 2024
KATEGORIE |