Daniël Maritz - God voorsien vir ons 'n "Versoendeksel"
In Eksodus kom ons te staan voor die verbondsark. Ons lees baie keer in die Ou Testament oor die tempel en die tabernakel en klomp simboliek daaragter, maar soms is dit nie vir ons so duidelik nie. In die persoon en werk van Jesus kan ons wel sin maak van baie van hierdie verskynsels in die Ou Testament. Sluit gerus by ons aan Sondagoggend wanneer ons by die verbondsark te staan kom. https://youtu.be/BiX-Ax52X-k
0 Comments
Daniël Maritz - Verwagting, verheerliking, verkondiging – Jesus Christus is gebore!
Dis kersfees! Ons vier weer die geboorte van ons Here, Jesus Christus. Hierdie jaar gaan ons veral na die Lukas evangelie kyk en die temas van verwagting, verheerliking, en verkondiging gebruik om ons te herinner aan die persoon en die werk van Jesus. Kom sluit gerus by ons aan hierdie Saterdagoggend! https://youtu.be/jRqLhjOA2X4
Adriaan Wiechers - Troosdiens
20 Desember 11:00, Adriaan Wiechers. Geboortedatum 14 Oktober 1937 - sterfdatum 12 Desember 2021. Predikant is Ds Aalwyn Tredouw. https://youtu.be/XgMZqR6fhIw
Fanie van der Schyff - Die eerste ontmoeting met Jesus
Die engel Gabriël is die boodskapper wat die boodskap aan Sagaria bring dat sy bejaarde vrou, Elisabet, swanger gaan raak. Ses maande later is die engel ook die boodskapper wat aan Maria vertel dat sy deur die Heilige Gees swanger gaan raak. Ons Here gee aan Maria ‘n teken dat wat Hy beloof het, waar sal word. Sy haas haar na Elisabet waar sy die teken kry … die ongebore Johannes die Doper regop spring in die moederskoot wanneer hy Jesus ontmoet. Ook ons kan ons Verlosser ‘ontmoet’. https://youtu.be/Z8tioJw5Odo
Fanie van der Schyff - Ster-voorspelling
Drie Ster-voorspellings ... een kosbare boodskap: * Bileam voorspel dat die Ster van Jakob gaan verskyn * Sterrekykers uit die Ooste vertel van 'n Ster wat verskyn het * Jesus verklaar dat Hy die Helder Morester is Wat beteken hierdie Ster-voorspellings vir ons vir vandag? https://youtu.be/FMmuglGmU-s
Neels Malan - Maak dissipels van al die nasies!
1. Deur hulle te bereik; 2. Deur hulle te doop; 3. Deur hulle te leer. https://youtu.be/86vp-nRHvck
Jacques Tredoux - Titels en ander (on)belangrike goed
Mense hou daarvan om belangrik te voel. Die skrifgeleerdes en Fariseërs was meesters daarmee om allerhande maniere te kry om in die oë van mense belangrik te wees. Vandag lyk dit wat ons belangrik laat voel heeltemal anders, maar ons wil nog steeds mense se oë goed lyk. Hier in Matteus 23 kom leer Jesus egter vir ons ‘n totale ander manier van leef... https://youtu.be/iVZL4fHzXfY
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 11-13
Christusfees - Kersfees vir ewig https://youtu.be/8BoO-H4vTUg |
Argief
October 2024
KATEGORIE |