Fanie van der Schyff - Om Jesus te sien.
Saggeus was deur die Jode beskou as die "President van die Tollenaar-Mafia" en Jesus as die "Tradisieverbreker". Wanneer hierdie uiteenlopende wêrelde ontmoet, loop dit uit op verlossing, maar by die Jode skep dit geweldige spanning en konflik. Waar bevind jy jouself in hierdie ontmoeting? https://youtu.be/jmZaI_JEEBs
0 Comments
Daniël Maritz - Die rykdom van die Christelike lewe
Die apostel Johannes deel met ons hoe ryk die Christelike lewe is waaraan ons deel het. Hierdie rykdom is dan vir ons ook die rede hoekom ons nooit ontmoedig hoef te word in ons roeping as Christene nie. https://youtu.be/Rhjb4WIISRI
Daniël Maritz - Kom ons gebruik ons gawes om mekaar te help
Die Here roep ons om een liggaam te wees. As een liggaam gee God vir almal verskillende gawes sodat ons mekaar kan help en mekaar se sorge kan dra. https://youtu.be/373fTUeQ3os
Fanie van der Schyff - Dankie Here!
" Sing 'n danklied tot eer van die Here, psalmsing tot eer van onse God ... " Psalm 147:7 (OAV) https://youtu.be/fQEDgchjs1c
Daniël Maritz - Alleen deur God se genade kan jy jou oë op Hom rig
Ons staan Sondagaand stil by die lewe van Simson. Ja, in sy dienswerk het hy tot 'n harde val gekom, maar die Here het besig gebly met hom en gemaak dat hy weer sy oë op Hom kan fokus. https://youtu.be/R-gyE3ICR1I
Fanie van der Schyff - Die Here is my Psalm
DIe Here is jou Psalm. Besef jy wat dit werklik vir jou beteken .... vandag? https://youtu.be/1M6lVRpslXM
Chris de Beer - Vrae wat pla
https://youtu.be/TsmUs79CZvI
Johannes Bingle - Opstanding: "gee terug, dit is genoeg!"
In 'n terugblik op Paassondag verlede week oordink ons die ontsagwekkende betekenis daarvan in die wêreld van nood en dood. Die evangelie van Pase word uit die wysheidsboek Spreuke belig. Die stryd tussen lewe en dood word op 'n treffende wyse deur Agur geteken, en by Nuwe-Testamentiese lig sien ons hoe die oplossing van hierdie stryd reeds deurflits in die Ou-Testamentiese wysheidstof. Die evangelie van voldoening en vrymaking kom verrassend na vore: God gee vir ons sy "Genoeg!" en dit is die enigste wyse waarop die stryd beslis is en kon uitwoed - en sy kinders in beginsel reeds vry is, al is ons steeds in die bedeling van nood en dood. https://youtu.be/K4-kg4E0MGA
Fanus Heystek - Jesus, die eersteling uit die dood.
Vragies: 1) Was Jesus werklik eerste uit die dood? was Lasarus nie voor Hom nie? En opwekkings deur Elia en Elisa? 2) Begeer jy iemand terug uit die dood? 3) Was Jesus nie inderdaad die enigste uit die dood nie? Wat hou dit vir ons in? https://youtu.be/QCKOSrN3i8k
Fanus Heystek - Waarom sterf gelowiges nog na die opstanding van Jesus?
Waarom kon van die Korintieërs nie die opstanding van Jesus deurtrek na hul eie opwekking nie? Sekerlik omdat almal nog steeds gesterf het. Daar was geen bewyse van die oorwinning oor die dood nie. 'n Paar vragings wat aangeraak gaan word: 1) Is die dood natuurlik? Onafwendbaar? 2) Waarom word die dood die "laaste" vyand genoem? 3) Sal die mediese wetenskap die dood oorwin as dit deur DNA manipulasies die mens al hoe ouer laat word? Waaroor gaan dit eintlik: 'n vertraging van ouerwording of iets anders? https://youtu.be/g23L1u79SzM |
Argief
October 2024
KATEGORIE |