Jacques Tredoux - God se stad, die wêreld se stad en Pretoria
Ons het gekyk na die storie van God se stad (Jerusalem) sowel as die storie van “die wêreld” se stad (Babel). Die vraag is nou – waar pas ons hier in Pretoria in die prentjie? Leef ons in Jerusalem of Babel en wat help dit ons as ons weet? https://youtu.be/T8oqhrhbf44
0 Comments
Fanie van der Schyff - Ek daag jou uit!
Ballingskap vererger vir die volk van ons Here. Daniël se drie vriende word voor 'n keuse gedaag: of hulle moet die beeld, wat Nebukadneser laat bou het, aanbid, of hulle word verbrand as hulle dit nie doen nie. hulle weier om die beeld te aanbid en word inderdaad in die vuuroond gegooi ... Waar staan ek en jy in ons geloofsgehoorsaamheid? https://youtu.be/v8fLQPr4NZY
Riaan Wattel - Ons is in alles afhanklik van die Here, daarom hou ons altyd aan Hom vas
Jakob is bekend daarvoor dat hy altyd sake in sy eie hande wou neem. In hierdie gedeelte sien ons egter hoe die Here op n treffende wyse vir Jakob wys dat Jakob nie in beheer is nie. God is in beheer. https://youtu.be/JCmGR-Sf3iY
Fanie van der Schyff - Daar is 'n God in die hemel!
Daniël was in ballingskap. God het aan hom buitengewone wysheid gegee om drome te kon uitlê. Koning Nebukadneser het 'n ontstellende droom gehad wat Daniël vir hom uitgelê het. Die kernboodskap wat Nebukadneser moes aanhoor, was: "Daar in 'n God in die hemel ...!" Daardie God is ons God! https://youtu.be/mB_cS8lj9Gg
Jacques Tredoux - Die storie van “die wêreld” se stad
Die Bybel vertel nie net die storie van God se stad (Jerusalem) nie, maar ook van ‘n ander stad. ‘n Stad wat in opstand teen God kom en die teenpool van God se stad is. Babel, ook genoem Babilon, word net soos Jerusalem ‘n simbool van iets dieper as ‘n fisiese stad. Net soos Jerusalem se storie, leer Babel se storie ons ook baie! Veral oor wat in my en jou harte aan die gang is... https://youtu.be/6--fc8V01pE
Daniël Maritz - Die Waarheid, veral die Waarheid oor Jesus
Die stryd tussen die waarheid en die leuen kom al van die sondeval af. Die vraag: Wat is waarheid, is seker die belangrikste vraag wat enigeiemand kan vra, veral die waarheid rondom die persoon en die werk van Jesus. https://youtu.be/Q1I8b7bO9hU
Jacques Tredoux - Die storie van God se stad
Ons het reeds gesien dat Jerusalem en Babel twee stede is wat ‘n baie sterk simboliese betekenis in die Bybel het. In ‘n kort reeks gaan ons bietjie dieper kyk hoe hierdie betekenis in die storie van die Bybel ontvou en wat dit vir ons vandag in Pretoria beteken. Ons begin vanaand met die storie van God se stad – Jerusalem. https://youtu.be/SgeeHHokg4Y
Fanie van der Schyff - God se ballingskap!
Ons lees so maklik oor woorde in die Bybel. In Daniël 1:2a beklemtoon die Heilige Gees dat dit ons Here God self is wat sy volk uitgelewer het in ballingskap! Menslik gesproke klink dit wreed en liefdeloos, maar ons moet leer God is God en Hy is ons God! https://youtu.be/7OeL113-VAU |
Argief
October 2024
KATEGORIE |