Chris de Beer - Kersdiens
HBGR: - Houding - Ballenskap - Geskenke - Rigting http://youtu.be/S0wknMQ81rI
0 Comments
Fanus Heystek - Nie van hierdie wêreld
Wat beteken ons tema in praktyk? Kan 'n mens werklik op aarde leef asof jy nie van hier is nie? Ja, jy kan so leef. Dawid, die man na God se hart, het sò geleef - ons verwys na o.a. Ps 24 en 51. http://youtu.be/ou4Qfi0XBW8
Gerhard van Rhyn - Dit lyk nie reg nie en dit ruik nie reg nie!
1. Dit lyk nie reg nie 2. Dit ruik nie reg nie 3. Juis dit lei tot eer en vrede http://youtu.be/44fbCpFeTps
Fanus Heystek - As ek swak is dan is ek sterk
Die teks is woorde van Paulus oor sy verhouding met die gemeente in Korinte. Die toepaslikheid daarvan in ons lewe word aktueel wanneer ons die lewe van Dawid in hierdie opsig navors. Dawid het verskeie hoogte- en laagtepunte beleef. Die opmerklike is: wanneer hy aards weerloos was, was hy geestelik sterk, maar bereik hy polities die kruin, neig hy na wêreldsheid en word so geestelik swak. http://youtu.be/IkO5B1CMxZE
Johannes Bingle - DNS van 'n Psalmis: misteriemooi maaksel
Gelooflik (om verseker nie te sê ongelooflik nie, want dit is nié ongelooflik nie – dit is net maar gelooflik), verwonderend gelooflik hoe kunstig-keurig Dawid en u en ek en teerkleine dopeling Liam Pretorius deur God gemaak is! Dawid wil eers vlug voor God se almag en alomteenwoordigheid, maar dit is tevergeefs. Dan besef hy: maar die Here is die Verbondsgod en hy hoéf dus nie te vlug nie - inteendeel: sy troos is juis dat hy van voor geboorte 'n misteriemooi maaksel van die Here is, en al sy handelinge en gedagtes flits elke oomblik in die alsiende oë van die sy God. http://youtu.be/Ut4OzNtxy0o
Chris de Beer - Die krag van God
Het jy al die krag van God in jou lewe ervaar? Vanaand gaan ons luister na hoe groot die krag is wat in elkeen werk wat glo. http://youtu.be/ksINmqxU5ds
Chris de Beer - Perspektief op gebed
Gebed is die vernaamste deel van ons dankbaarheid. Dit beteken goeie perspektief daaroor is uiters belangrik. Kom luister vanoggend watter perspektiewe God se Woord vir ons leer sodat ons reg sal bid. http://youtu.be/BSwNAC7mB-U |
Argief
October 2024
KATEGORIE |