Fanie van der Schyff - Klankoordenking 4
Ons bespreek die boek Jakobus https://youtu.be/o3uRue2BcG8
0 Comments
Daniël Maritz - COVID-19: Kan ons God blameer?
Daar is verskeie vrae wat reg rondom die wêreld tans gevra word. Een van hulle is "Hoe kan God COVID-19 toelaat?" Ek het al verskeie artikels raakgelees wat poog om vir God te blameer as die Een wat die meesterbrein agter al die seer en pyn is van die die virus. Hoe antwoord Christene hierdie vraag? https://youtu.be/VI3w3SuS7tQ
Jacques Tredoux - Klankoordenking 3
Ons bespreek die boek Jakobus https://youtu.be/mtRtxAXTn7M
Daniël Maritz - Klankoordenking 2
Ons bespreek die boek Jakobus https://youtu.be/Es0Qcqdt_Yo
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 1
Ons bespreek die boek Jakobus https://youtu.be/Fe2ldzA2qXE
Jacques Tredoux - Wat beteken die ewige lewe nou?
Beskrywing: In hierdie gedeelte sien ons hoe Paulus homself los maak van alles wat in hierdie wêreld vir hom betekenis gegee het en strewe na ‘n nuwe lewe in Jesus. Tog maak dit hom nie passief nie, maar is vir hom ‘n motivering om nou te leef soos God wil. Tydens Covid-19 word baie van ons gedwing om ons los te maak van die dinge van hierdie lewe. Kom dink saam wat die ewige lewe vir ons in tye soos hierdie beteken... https://youtu.be/FttBow0Wc58
Jacques Tredoux - Wanneer die verkeerde huis God sin word
In Jeremia 7 sien ons dat die volk Israel ‘n valse gerustheid gehad het omdat hulle op die tempel van die Here vertrou het. God se huis is dan by hulle... Tog het hulle lewe nie getuig van mense wat in ‘n verhouding met God leef nie. In ‘n tyd van afsondering waar ons nie meer by die kerkgebou bymekaar kan kom nie, kan ons dalk ook vra of ons nie die verkeerde “huis” God se huis gemaak het nie? https://youtu.be/mgqdPM52LYE
Jacques Tredoux - Wat word van Juventus in 2020?
Die lockdown het al die mooi planne wat ons vir Juventus gehad het skielik in die wiele gery... Tog is daar nou ook nuwe geleenthede om nogsteeds as studente saam in ons geloof te groei. Kom luister vanaand hoe Ds. Jacques gesels oor Juventus se planne vir die jaar vorentoe. https://youtu.be/U5hRkOPcGPc
Fanie van der Schyff - Vaste hoop
Romeine 8 is by uitstek 'n boodskap van hoop wat vir nóú en vir alle tye geld. Dit plaas ons lewe van 'sug in hierdie tentwoning bedeling' in ewigheidsperspektief. Neem God op sy Woord! https://youtu.be/51VpAk3MUN4
Fanie van der Schyff - Verander tog ons lot, o Here!
Israel van ouds het teenoor mekaar getuig dat ons Here in hulle volksgeskiedenis elke keer in moeilike omstandighede hulle lot verander het. Omdat Hy getrou is, kon hulle in onseker omstandighede telkens weer bid: "Verander tog ook nou ons lot, Here!" Met die Covid-19 virus in omloop, is hierdie waarskynlik 'n gebed wat elke Christen regoor die hele wêreld bid. Hierdie gebed sny egter oneindig dieper as slegs 'n bede om hierdie pandemie te stuit ... dit is ten diepste 'n uitroep na ons Here Christus om ons sondige lot te verander! https://youtu.be/W6mrzIrlGi8 |
Argief
October 2024
KATEGORIE |