Wanneer ’n klip begin getuig!
God praat met ons, ons moet luister. Die woord luister beteken egter baie meer as bloot net om te hoor. Om na God te luister is ’n werkwoord van toewyding en dien. God ken die hartsgesindheid waarmee ons Hom dien ... pasop vir ’n klip wat begin getuig! http://youtu.be/yrQhmeLRKRI
0 Comments
Wat is jou Erfenis?
Gister was erfenisdag. Hoe moet ons wat gelowiges is oor erfenis dink? Wat is ons erfenis en wat maak ons daarmee? http://youtu.be/faWcAty5VaY
Hanno van Schaik - Die Elemente van 'n geloofslewe
Wat dink U is geloof? Daar is baie verskillende idees oor geloof. Dit is vir ons lewensbelangrik om te verstaan wat ware geloof is, sodat ons werklik ’n geloofslewe kan leef voor die Here. Die basis van ’n ware geloofslewe is ’n vaste kennis – dit wil sê, wat God van homself openbaar. Ons geloof moet tog gegrond wees op iets! Dit kan slegs gegrond wees op die waarheid. Tog is dit nie genoeg dat ons die kennis het, as ons dit nie vertrou nie. Die patroon te sien in ’n geloofslewe is een waar ons konstant, terugkeer na die waarheid en in vaste vertroue daaruit optree. Hoe kweek ’n mens so ’n geloof? Waar kom dit vandaan? Die Heilige Gees kweek dit in ons, deur ons konstant bloot te stel aan die evangelie van Jesus as ons Verlosser. http://youtu.be/9R79FhNwLdo
Fanie van der Schyff - As U kan - As U wil
Ons glo dat God almagtig is ... daar is niks wat Hy nie kan doen nie. Ons glo ook dat Hy genadig is en alles tot ons beswil beskik. Hy doen dit omdat Hy as genadige Vader die wil doen (HK So 9 v/a 26). Tog leef ons midde in die werklikheid van so baie siekte, gestremdhede en seer. As God alle gestremdhede kan genees, waarom wil Hy nie alles wat Hy kan nie? http://youtu.be/oUcb1X52MTI |
Argief
January 2025
KATEGORIE |