Brooklyn-gemeente
  • Tuis
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Leef Saam
  • Dien Saam
    • Administrasie >
      • Eiendomme
      • Finansies
      • Projekte
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae

WEES STERK EN VASBERADE! (Bemoediging vir 2013)

6/1/2013

1 Comment

 
(Oggend) 5 Januarie 2013
JOSUA 1:1-9 B/L 

Neem asb. kennis hierdie preek is die rou kopie en is nie taalkundig versorg en afgerond nie

WEES STERK EN VASBERADE!
(Bemoediging vir 2013)


Hoe gaan jy ‘n klein seuntjie of dogtertjie (so 5jr oud) oorreed om in ‘n vreemde huis, in ‘n donker kamer iets vir jou te gaan haal?

As ons eerlik met mekaar wil wees, daar is nie ‘n manier van ‘n dag oud dat jy dit gaan regkry nie!

Waarom?
Want donkerte maak mense bang
Nie net klein kindertjies nie, volwassenes ook, kragmanne ook...

Waarom maak donkerte mense bang?
Dit gaan oor die onbekende van dit wat jy nie kan sien nie


As jy nou vir ‘n klein kindjie mooi gaan verduidelik waarom jy wil hê hy iets vir jou moet gaan haal en jy praat hom moed in, gaan hy definitief ‘n bietjie beter en dapperder voel, maar hy gaan nog steeds bang wees.
Hy gaan dit waarskynlik nog steeds nie doen nie


Gaan jy ‘n kleintjie so ver kry om iets vir jou in die donkerte te gaan haal as jy vir hom sê: “Kom, vat my hand, dan stap ek saam met jou”?
JA, heel waarskynlik

Waarom?
Omdat ‘n klein kindjie vertroue het in sy pa of ma


Daar is iets wat ‘n kindjie waarskynlik nog rustiger gaan maak. 
Gee vir hom ‘n flits in die hand waarmee hy in die donker kan sien!


En dan net voor hulle die donker instap, dan hoor die kindjie vir oulaas die pa sê: “Onthou nou, jy hoef regtig nie bang te wees nie, want ek is en bly by jou”!

Dit is waarskynlik die naaste aan rustig wat jy ‘n kindjie gaan kry om in die donker iets vir jou te gaan doen

Dit is wat met Joshua gebeur het. Ons het dit gelees in hierdie kort gesprek wat ons Here met hom gevoer het. As mens dit gewoonweg lees, dan is dit ‘n gesprek wat nie eers 2 minute geduur het nie!
Maar hoe kragtig is dit nie!
Joshua is spreekwoordelik die klein kindjie wat die donker ingestuur word
Luister na die opdrag wat ons Here vir hom gee
[:2, 6b]

Die donker wat vir Josua banggemaak het, was die pad van die onbekende
Hy is die nuwe leier wat die volk van die Here die onbekende moet inlei

40 jr gelede het die Here sy slawevolk deur die Rietsee gelei na hul vryheid
Vir 40 jr was Israel in die woestyn
Vir 40 jr was Moses die leier van die volk
Vir 40 jr het die Here vir hulle kos voorsien
Vir 40 jr was die volk van die Here teen ander volke beskerm

Al was dit ‘n woestynlewe – dit was vir hulle die bekende
Dit was hulle sekuriteit
Dit was op ‘n manier ‘n gemaklike lewe
Dit het daar in die woestyn met hulle goed gegaan

Maar nou moet hulle oor die Jordaan trek – die onbekende in
Dit is die land van die Ammoniete, Moabiete, Filistyne.....
...hulle moet nou ‘n land (meer nog – lande) gaan oorneem wat op daardie huidige stadium aan ander volke behoort

Wat vir hulle voorlê is oorlog – iets wat hulle nie ken nie
En boonop het die verspieders klomp jare gelede gesê dat die inwoners oorkant die Jordaan so groot soos reuse is...
Dit bly ‘n donker prentjie wat geskets word

Dit is die pad wat vir Josua voorlê
En dit is teen hierdie agtergrond dat die Here met Josua hierdie kort en kragtige gesprek gevoer het, omdat Hy geweet het dat Josua bitter bang was


Nadat ons Here vir Josua sy opdrag gegee het, gee Hy vir hom ‘n verduideliking van die implikasie en reikwydte van hierdie opdrag
[:3,4,5a]


Al verstaan Josua sy roeping en die verduideliking van die implikasie en reikwydte van hierdie opdrag, bly hy maar net mens – hy is nog steeds bang.

Daarom hoor ons ons Here vir Josua sê:
[:6a, 7a, 9a – ‘n 3 dubbele bemoediging!]

Dit is asof ons Hom hoor sê: “Moenie bang wees nie. Kom, vat My hand, Ek stap saam met jou”!

Die woorde “sterk wees” en “vasberade wees” word sterk beklemtoon.

Sterk wees



  •  In die Bybel het dit die betekenis van dinamiet
    •  Om iets groots te laat gebeur
    •  Hebr 4:12. – die Woord is soos ‘n tweesnydende swaard wat so magtig is dat dit kan deurdring tot murg en been
    •  Dit is die eerste betekenis van “sterk wees” - onstuitbaar
  • Maar in die Bybel het die woordjie “sterk wees” ook die betekenis van standvastigheid
    • PS 31 – net soos ‘n rots gesterk gestewig...
    •  Jesus se gelykenis van die twee huise – die een wat op sand gebou is en die ander een wat op rots gebou is
    • Jer 17 – ‘n kaal woestyn rolbossie vs ‘n boom langs ‘n waterstroom wie se wortels diep ingegroei is
  • Dit is ‘’Sterkwees”
  • onstuitbaar
  • standvastig
· Vasberade

  • In die Bybel het dit die betekenis van “om in die geloof voort te beur”
  • Dit het te doen met “deursettings vermoeë”
  • Om ten spyte van moeilike omstandighede steeds doelgerig voort te gaan met dit waarmee jy besig is
  • 1 Kor 9:24 ev – beeld van die atleet wat (tsv moegheid) sy alles gee om eerste oor die wenstreep te kom
  • Die bokser wat (tsv moegheid) met alle krag doelgerig ‘n hou plant
Dit is wat die Here hier vir Josua sê:
[:6a,7a,9a]

Dan kom daar nog ‘n bemoediging:
[:9b]!!

moenie skrik nie en
moenie bang wees nie.

Moenie jou oë so op die gevare rondom jou fokus dat jy MY nie meer as BRON van KRAG voor oë het nie

VR. Waarom hoef Josua nie te skrik en bang te wees nie?
· [:5a, 9e – Ek is met jou]
· [:5b – Ek sal jou nooit in die steek laat nie, jou nooit verlaat nie]

VR. Hoe moes Josua sterk word?

Vers 7 gee ‘n besondere perspektief

[:7] – veral sterk en baie vasberade

Hier in :7 gaan dit in besonder om sy geestelike lewe
NB: Hoe hy homself moet toerus met krag en vasberadenheid

Hier die beklemtoning...[:7]
· in die 1e plek moet hy die Wetboek oordink
· in die 2e plek moet hy nougeset daarvolgens leef
(moet daarvan nie na links of regs afwyk nie!)

By dit alles gee die Here ‘n belofte – dan sal jy voorspoedig wees, waar jy ook al gaan
[ Dan sal jy in vrede leef!]

Toepassing

VR. Wat sê hierdie Skrifgedeelte vir ons vandag?

Soos wat die onbekende van die beloofde land voor Joshua gelê het, so lê die onbekende van 2013 voor ons.

Miskien is jy

· ‘n klein seuntjie / dogtertjie wat bang is om vanjaar kleuterskool, Gr R, of grootskool toe te gaan
· Miskien moet jy Woensdag Hoërskool toe gaan of dalk Universiteit toe, en het jy maar vlinders in die maag daaroor
· Of moet by ‘n nuwe plek begin werk
· Miskien weet jy nie wat om vanjaar te doen nie

· Miskien gaan jy met ‘n baie swaar gemoed hierdie jaar binne agv siekte, onsekerheid oor werk, finansies, oor jou kinders of ouers
· Miskien is jy regtig net bang vir wat voorlê

Ek weet nie hoe jy oor 2013 voel nie...
MAAR...
ons Here weet, en dit is vir ons genoeg!


Wat die Here destyds vir Josua gesê het, sê Hy vandag ook vir ons.

 Wat sê HY vir ons vandag?

1. Ek stuur jou

Soos wat Hy Joshua die onbekende ingestuur het om vir Hom te gaan werk, so stuur Hy ook vir jou en my die onbekende van 2013 in om vir Hom te gaan werk.
Hy sê dit duidelik en eerlik: dit gaan nie maklik wees nie

Matt 10 – Ek stuur julle soos skape tussen ‘n klomp wolwe in
Jh 17 – Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die BOSE sal bewaar]

Wat is ons taak en ons roeping?

Ons leef om in hierdie donker wêreld vir ons Here te leef!
Dit is ons werk – dit is ons roeping!

Of dit nou by ‘n speelgroepie is of ‘n kleuterskool, Gr R, Laerskool, Hoërskool, Universiteit, werk, tussen familie, vriende of waar ook al is
JY en ek is die LIG wat God daar geplaas het om Hom, daar waar jy is en werk, te verheerlik!

Ek wil dit weer sê:
Ons leef om in hierdie donker wêreld vir ons Here te leef!
Dit is ons werk – dit is ons roeping!


Maar omdat ons Here weet wat die onbekende inhou en dat ons daarvoor bang is, daarom bemoedig Hy ons

Wees sterk en vasberade
Maak jouself sterk en vasberade

HOE?

  • · Deur die Woord (Josua – Wetboek) – (Dit is die flits wat Ek jou gee)
    •  Deur die Woord word ons herinner aan God se krag en sterkte
    •  Ons word herinner aan DIE GROOT oorwinning oor die duiwel, die sonde en die dood
    •  Deur die Woord word ons herinner aan die krag van Jesus Christus in ons – Hy wat elke oomblik met ons is, ons nooit sal verlaat nie en ons nooit in die steek sal laat nie
    •  Ons word herinner aan die krag van die HG in ons - Pinkster
Julle wat die onbekende ingaan, soek jou krag in die Woord van ons Here
Jou stiltetyd id die belangrikste kragbron vir jou
Maak kwaliteit tyd daarvoor


· Deur die Seën
o As jy nie in die huis van die Here is nie dan verbeur jy die seën – jy verbeur geestelike krag wat van die Here uitstroom om jou vir die week en die jaar wat voorlê met krag en vasberadenheid toe te rus
o Sonder God se seën toesegging gaan die onbekende van die toekoms vir jou geestelik net nog moeiliker week wees.

Julle wat die onbekende ingaan, gaan kerk toe
Skakel daar in 
Leef met medegelowiges mee

Soek deurentyd jou krag in die Here en in sy groot mag (Ef 6:10-18)

As jy geestelik moeg word, dink aan jou KRAGBRON
meer nog gaan na jou KRAGBRON

Hy het belowe Hy is altyd met jou
Hy sal jou nooit ooit verlaat nie, jou nooit ooit in die steek laat nie!


AMEN.

1 Comment

    Argief

    February 2023
    January 2023
    December 2022
    November 2022
    October 2022
    September 2022
    August 2022
    July 2022
    June 2022
    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    November 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    February 2015
    January 2015
    January 2013
    November 2012

    KATEGORIE

    All
    Chris De Beer
    Griffel Van Wyk
    Josua
    Romeine

    RSS Feed

DUXBURYWEG

Eredienstye:

Duxburyweg:
09:30 & 18:30
​

Ons glo dat dit Brooklyn Gemeente se roeping is om uit Hom, deur Hom en tot Hom te lewe.
​Daarom is dit ons strewe om God bo alles te eer, mekaar en ander te dien en dissipels te maak van Christus. 
​Besoek die regering se amptelike Covid-19-webwerf om op hoogte te bly. Klik hier
  • Tuis
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Leef Saam
  • Dien Saam
    • Administrasie >
      • Eiendomme
      • Finansies
      • Projekte
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae