Jacques Tredoux - Vrede? Deur gebed ja...
Besorgdheid en angstigheid is sekerlik een van die groot kenmerke van ons tyd. Ons is angstig oor ons toekoms, ons finansies, ons land, ons studies - noem dit maar en ons is daaroor besorg. Baie keer ook geregverdig. Maar is dit werklik hoe 'n volger van Jesus gekenmerk moet wees? Die Bybel leer vir ons 'n ander pad. 'n Pad na vrede deur gebed... https://youtu.be/p2HaCuBXWWo
0 Comments
Fanus Heystek - Hieroor het Jesus die rower saamgenooi na die paradys
Die eerste preek was 'n eerlike kritiese ondersoek na "Hoe kon Jesus die rower aan die kruis saamnooi na die paradys. Ons was oorweldig deur die goedheid en ruim hart van Christus. Maar iets bly pla: God is nie net goed en vergewingsgesind nie, Hy is ook regverdig en heilig. Hoe pas die rower nou hierby in? Aangesien ons enkel en alleen in Christus moet glo, hoedanig was sy geloof? (Sola fidii en Soli Christi.) https://youtu.be/CaMet7TSaAA
Jacques Tredoux - Hoe bid ons?
Gebed is sekerlik die belangrikste deel van hoe ons vir Jesus volg. Tog is dit moontlik om gereeld te bid, maar nogsteeds nie daarin vir Jesus te volg nie... Selfs mooi bedoelde gebede kan 'n verkeerde fokus hê, en daarom is dit baie belangrik om te begryp waaroor gebed waarlik gaan - verhouding voor versoeke! https://youtu.be/eqTR3J2_0LU
Fanie van der Schyff - God se wil
Jesus leer ons bid: "Laat U wil geskied" (Mtt6:10). God se wil is gebind aan wat Hy weet sy kinders se behoeftes is. Hy laat daarom met ons gebeur wat Hy weet vir ons die beste is. Ons het nodig om Hom daarin kinderlik te vertrou en gehoorsaam na te volg. 'Leer my Heer daarom U weë ...' https://youtu.be/uSjsH91cmn4
Jacques Tredoux - Die leë belofte van plesier
Om die lewe te geniet en plesier na te jaag word al meer die middelpunt van ons samelewing. Die plesier en die lekker van die lewe is wonderlik, maar kan dit werklik vir ons gee wat dit belowe? https://youtu.be/IzGWx7Mht4Y
Fanie van der Schyff - Jona sing 'n loflied
Jona was deur God geroep vir 'n bepaalde taak. Hy vlug egter weg van die Here af. God lê hom in 'n storm voor en dwing hom om te bely: 'Hulp kom net van die Here af'. In sy benoudheid sing hy 'n loflied. Hoe moet ons dit verstaan en wat beteken dit vir jou in jou lewe vandag? https://youtu.be/Sg_h-HgQZ5A
Fanie van der Schyff - Drie seedrames
Ons lees in die Skrif van drie seedramas. Tussen hierdie dramas is daar merkwaardige ooreenkomste. In elkeen van ons se eie lewens is daar ook dramas en storms. Hierdie seedramas leer ons eenvoudig: "Hulp kom net van ons Here af: https://youtu.be/2efRPxEFsL4
Jacques Tredoux - Die ware Dokter vir almal wat siek is (en dit besef).
Mense is geneig om mekaar in boksies te plaas en op grond daarvan mekaar te oordeel. Sommiges haal die goeie boksies en ander die slegte boksies. In hierdie verhaal van Levi, sien ons hoe Jesus grense oorsteek om vir ons te wys dat daar eintlik net een regte boksie is. Die vraag is - besef ons dit? https://youtu.be/F42XhWlIxB4
Jacques Tredoux - Die grootste troos is as God jou hart verander!
Die grootste troos is as God jou hart verander! https://youtu.be/GwFU92tWgIg
Fanie van der Schyff - Jona vandag
Jona, die profeet, is deur God na die groot stad Nineve gestuur, maar hy besluit om in die teenoorgestelde rigting na Tarsis te vlug. Hy was dus ontrou in sy roeping! Om van die kant af klippe te gooi is maklik, maar sien jy nie dalk iets van Jona in jouself nie? https://youtu.be/08S-VmwNYvU |
Argief
October 2024
KATEGORIE |