Fanie van der Schyff - Jy is Myne!
Ons glo:"Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom 'n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is ... vergader, beskerm en onderhou" (HK So 21). Kan jy daarvan seker wees dat jy deur God uitverkies is om Syne te wees? http://youtu.be/HHIzst3gvOQ
0 Comments
Chris de Beer - Wees ryk by God
Rykdom is baie belangrik vir meeste mense. In Lukas 12: 34 lees ons "Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees." Maar wat is ware rykdom? Party mense meet dit in geld en ander meet dit in kinders of vriende. Die Bybel wys vir ons egter wat ware rykdom is. Hierdie rykdom is groter as wat ons ooit sou kon verwag en ons is erfgename hiervan. Klankbaan beskikbaar by http://goo.gl/tXJkQk http://youtu.be/YZ_G8kyCz5Y
Johannes Aucamp - Jesus Christus het gesterf om alles met homself te versoen
Weet jy wie jy is en hoekom jy leef? Maak jou lewe sin? Om jou ware identiteit en rol in God se geskiedenis te kan uitleef, moet jy weet hoekom Jesus Christus sy bloed aan die kruis gestort het. Die meeste gelowiges is oortuig dat Jesus Christus aan die kruis gesterf het om hulle sondes weg te neem. Hierdie antwoord is egter net 'n gedeelte van die waarheid en 'n verskraling van die volle waarheid. In Kolossense 1:20 word daar direk vir ons gewys dat Jesus moes sterf om alles met homself te versoen. Wat sou die alles wees wat Hy kom versoen het? http://youtu.be/GR9dBB5479c
Wilhelm Leuschner - Was mekaar se voete!
Baie mense ken die verhaal van Jesus wat die dissipels se voete was. Dis vir lank voorgehou as 'n voorbeeld van diensbaarheid, van nederigheid, van help hulle wat minder as ek is. Maar is dit wat dit beteken? Is dit wat daar staan? Kom ons ontdek saam 'n (nuwe?) ryker betekenis! http://youtu.be/DA3NQqraJ4A
Fanie van der Schyff - Is Jesus regtig Koning?
Een koerant, een nuus uitsending ... dit is al wat jy nodig het om te besef dat ons in 'n stukkende wêreld leef vol geweld, onreg en morele verval. Wanneer mens van al hierdie dinge hoor en lees wat rondom (en ook met onsself) gebeur, wonder mens soms of ons Here Jesus werklik Koning oor alles en almal is, soos wat die Woord ons leer en ons saam bely. Wonder jy ook soms daaroor? http://youtu.be/zfxZJLAWKAc
Heinrich Zwemstra - Vir watter stad leef jy?
1. Babilon. 2. Die nuwe Jerusalem. 3. Ons roeping as gelowiges. http://youtu.be/pLbPVYVKRTw
Fanie van der Schyff - Luister versigtig!
Leer om versigtig te luister - dit is wat ons Here van ons verwag. Luister na God. Luister na mekaar. Luister fyn voordat jy begin praat. Wees versigtig wat jy sê wanneer jy begin praat en wees veral versigtig op die manier waarop jy iets sê. Om versigtig te luister neem baie konflik uit die lug. http://youtu.be/6Uxx85M976M |
Argief
June 2024
KATEGORIE |