Brooklyn-gemeente
  • Tuis
  • Administrasie
    • Finansies
    • Eiendomme
    • Projekte
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Dien Saam
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Leef Saam
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae
    • Doop
  • Foto kompetisie

Vervuld en tevrede oor 2012? (Rom 12:1-2)

18/11/2012

0 Comments

 
Vervuld en tevrede oor 2012?
Rom 12:1-2

Inleiding 

So met die jaar wat na ’n einde toe stoom dink ons gewoonlik by onsself oor:
  • hoe vinnig die jaar verby gegaan het en hoe vol die jaar was.
  • Ons dink ook oor hoe rof die jaar was, die krisisse en begrotings wat mens deur is
  • Maar dit als sê nog niks oor of mens tevrede kan wees oor die jaar wat verby is nie.

Was die jaar vir jou persoonlik vervullend? 
  • Dink bietjie hieroor...
  • Dis ’n vraag wat bietjie dink vat.
  • Enige mens voel vervuld en tevrede as jy reg gekry het ...wat jy wou regkry.
  • En onvervuld en ontevrede as jy misluk het.
  • En as mense misluk het, is hulle gewoonlik behep met die vraag:
  • maar hoe maak ek dan wel ’n sukses.

Dit is seker logies om dit te vra, maar daar is iets om nog voor dit te vra: 
  • moet jy nie dalk weer dink oor jou doel wat jy reken jy in suksesvol of onsuksesvol was nie...
  • m.a.w. - of jy sukses reg meet nie?  

As jy sukkel en worstel om as Christen vervulling te ervaar in jou 
  • pa-wees,
  • ma-wees,
  • eggenoot-wees,
  • werknemer-wees,
  • vriend(in)-wees ens.
  •  , is een van die vrae beslis:
  • “Hoe kan dit meer vervullend wees?”.

Maar jy sal eers die “hoe” van vervulling as Christen kan begin beantwoord 
  • as jy jou doel as Christen
  • en God se maatstaf vir sukses reg verstaan.
  • Dit kan jou help om te dink oor 2012, maar ook 2013.

Hiervoor het jy duidelikheid nodig oor: 
  • Die doel van 'n Christen se lewe
  • Die maatstaf van sukses
  • En laastens die “hoe” om dit reg te kry!
Hiervoor kry ons antwoorde uit Romeine 12:1,2. 
  • In Romeine 12 begin Paulus juis nou praat oor die praktiese betekenis van 'n Christen se lewe.
  • Hy het klaar beskryf hoe verlore alle mense is [Rom 3],
  • en hoe die mens deur geloof in Christus gered word [Rom 5].
  • Nou kom hy daarby uit om te beskryf
  • oor hoe die evangelie ’n Christen dan laat dink oor
  • sy doel
  • en sy maatstawwe in sy lewe.  

[lees teks]

Mens kan hierdie 2 verse bietjie eenvoudiger saamvat as: 
  • „Omdat God se genade vir julle so ontsettend groot is, behoort julle julleself aan Hom te gee as lewendige en heilige offers wat vir Hom aanvaarbaar is. Dit is waaroor julle godsdiens gaan. Moenie dat die wêreld van buite af julle beïnvloed in wat julle doen nie. Word eerder heeltemal verander deur op 'n nuwe manier oor julleself te begin dink. Dan sal julle verstaan wat God se wil is, sy wil wat goed, aanvaarbaar en volmaak is.‟

Ons gaan nou saam kyk na 
  • die doel van ’n Christen se lewe,
  • die maatstaf vir sukses
  • en hoe om dan vervulling as Christen te ervaar.  

Die doel 

As jy ’n Christen is, is jy 
  • vir 'n baie spesifieke rede deur Jesus losgekoop en vrygemaak van sonde se greep.
  • en dis nie maar net om te sit en wag vir die paradys nie.  
  • ’n Christen is soos iemand wat verkoop is van een eienaar na ’n ander
  • ’n Christen het 'n nuwe Baas en Meester om in hierdie lewe soos 'n slaaf te dien met als wat Hy jou gegee het!

1 Korintiërs 7:22 stel dit baie goed: “ ’n Slaaf wat deur die Here geroep is, is immers ’n vrygemaakte van die Here. Net so ook is ’n vry man wat deur die Here geroep is, nou ’n slaaf van Christus.” 

As jy ’n Christen is, is dit duidelik dat jou hele lewe daar vir God is. 
  • Dit is die punt waarby Paulus ook nou in sy argument kom in Romeine 12:1,2.

Hier sê hy dat 
  • ’n Christen homself as
  • lewende (aktiewe)
  • en heilige (eenkant vir spesiale gebruik) offer
  • vir God behoort te gee.
  • En ’n offer is ’n ding wat jy weggee.
  • Hy sê basies hiervan:
  • “Dit is uiteindelik waaroor jou hele godsdiens alles gaan!!”
  • Dis Christenskap!
  • Dis die doel.

Ons kan die doel van ’n Christen se lewe dan so saamvat: 
  • Om God al hoe meer lief [lewendige offer] te hê
  • en al hoe beter te dien [heilige/meer toegewyd].
  • dít was jou doel vir 2012

So, ...het jy hom meer lief as 12 maande terug? Dien jy hom beter? 

Die maatstaf 

Maar hoe meet jy as Christen of 
  • jy God al hoe meer lief gehad het hierdie jaar
  • en al hoe beter gedien het?

Romeine 12:2 sê tog dat dit belangrik is om te weet wat jou meester wil hê: “Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

As mense kan ons nogal maklik genoeg 
  • vir onsself hieroor jok
  • of selfs goeie verskonings uitdink
  • Daarom kan ons nie self wil meet nie.

Die een wat daarom die beste daaroor kan besluit is God self, ons Taakgewer. 

Die Heidelbergse Kategismus 
  • vat als wat die Bybel sê oor wat goeie dinge vir Christene is om te doen,
  • saam in antwoord 91.
  • En dit maak nie ’n nuwe wet nie maar bou 100% op die evangelie:

Wat is goeie werke?: 
  • “Slegs die wat uit ‘n ware geloof, volgens die wet van God tot sy eer gedoen word, en nie die wat op ons goeddunke of op oorgelewerde gebruike van mense gegrond is nie.”

Só meet jy jou pogings om God lief te hê en beter te dien: 
  • Het ek dit uit geloofsoortuiging gedoen of uit dwang of 'n skuldige gewete?
  • Het Jesus se liefde en my vertroue daarin my gedryf?
  • Het ek dit in liefde gedoen? (Wet van God)
  • Het ek dit gedoen om Hom te eer of eintlik 'n bietjie vir myself?
  • Het ek dit net uit gewoonte gedoen of omdat dit vir my gemaklik is?

Wat hierdie wonderlik maak is 
  • dat jy eintlik in elkeen van hierdie vrae toets in hoe ’n mate jy uit die evangelie uit lewe.
  • Beweeg God se goedheid in Jesus jou en gebeur dit al hoe meer?

Maar hoe kry mens dit reg om al hoe meer so te lewe?

Die “Hoe?” 

Nou kom ons by die groot “Hoe?” 

  • Hoe gaan ek dit regkry om heeltyd so uit die evangelie uit te lewe,
  • wat maak dat ek myself wil offer op hierdie manier
  • dat ek kan weet ek is besig om
  • God meer lief te hê en beter te dien?
  • En nie maar net by reëls probeer hou nie.   

Die antwoord: 
  • Jy het nodig om totaal en al anders oor jouself en jou menswees
  • in elke lewensituasie te begin dink
  • en nie soos ’n nie-Christen in Pretoria nie.
  • as jy uit die evangelie uit wil lewe moet jy uit die evangelie uit dink
 

Dit begin als in jou kop! Romeine 12:2 sê hieroor:

  • “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed,” (OAV)
  • “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.” (NAV)
  • “Moenie dat die wêreld van buite af julle beïnvloed in wat julle doen nie. Word eerder heeltemal verander deur op 'n nuwe manier oor julleself te begin dink (parafrasering - GvW)

’n Christen moet al hoe meer anders oor homself dink as nie-Christene.

  • oor wie jy is
  • hoekom jy bestaan
  • hoekom is jy waar jy is
... 

'n Gelowige is iemand wat moet aanhou om

  • Jesus te onthou
  • en dan optree vanuit die wete:
  • Die wêreld draai toe nie al die tyd om my nie
  •  – dit gaan als net oor God!
  • Dit is dan ook vanuit hierdie plek dat jy
  • God se wil oor jou studies of loopbaan, begroting, kinderopvoeding, huwelikskonflik beter gaan kan verstaan,
  • wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is...
  • en nie  maar net soos nie-Christene wonder oor
  • wat my gelukkig maak of meer geld en gerief gaan verseker nie.  

Dit is waaraan Nagmaal jou ook wil herinner

  • God se goedheid sigbaar en effektief in die dood en opstanding van Jesus.
  • Nagmaal sê baie oor Jesus... maar dit sê baie oor hoe jy oor jouself moet dink
  • gekoop deur ’n nuwe baas
  • met die onbreekbare mag wat sonde op mense het, ...wat gebreek is
  • gestuur om uit daardie oorwinning te lewe
  • om hom meer lief te hê en beter te dien.

Dít behoort jou baie anders oor jouself te laat dank as wat ’n nie-Christen oor hulleself dink.

  • Dit is ook die rede waarom ek die woorde as Christen elke keer beklemtoon.
  • 'n Christen is
  • 'n Christus-gekoopte nuwe mens
  • met 'n nuwe doel
  • en daarom 'n nuwe manier van dink oor hom/haarself in elke rol van sy/haar lewe.

•    Vir 'n nie-Christen is so 'n manier van lewe juis onvervullend en swakheid,

  • terwyl die betekenisvolle lewe en selfwaarde waarna ’n nie-Christen soek
  • juis daarin sit om deur God in Jesus opgetel en liefgehê te word.

En nou... 

2012 is so te sê verby en 2013 om die draai.

  • ’n Christen se vervulling en vrede is om te weet
  • ek het in 2012,
  • en sal in 2013,
  • aanhou om uit die evangelie te lewe:
  • God meer lief te hê en beter te dien!  
  • Myself al hoe meer in verwondering te offer...
  • want hy het homself eerste geoffer!

Amen
Griffel van Wyk
Brooklyn
18 November 2012
0 Comments

    Argief

    April 2025
    March 2025
    February 2025
    January 2025
    December 2024
    November 2024
    October 2024
    September 2024
    August 2024
    July 2024
    June 2024
    May 2024
    April 2024
    March 2024
    February 2024
    January 2024
    December 2023
    November 2023
    October 2023
    September 2023
    August 2023
    July 2023
    June 2023
    May 2023
    April 2023
    March 2023
    February 2023
    January 2023
    December 2022
    November 2022
    October 2022
    September 2022
    August 2022
    July 2022
    June 2022
    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    November 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    February 2015
    January 2015
    January 2013
    November 2012

    KATEGORIE

    All
    Chris De Beer
    Griffel Van Wyk
    Josua
    Romeine

    RSS Feed

DUXBURYWEG

Eredienstye:

Duxburyweg:
08:50 & 18:30
​

Ons glo dat dit Brooklyn Gemeente se roeping is om uit Hom, deur Hom en tot Hom te lewe.
​Daarom is dit ons strewe om God bo alles te eer, mekaar en ander te dien en dissipels te maak van Christus. 
  • Tuis
  • Administrasie
    • Finansies
    • Eiendomme
    • Projekte
  • Wie is ons
  • Ek is Nuut
  • Dien Saam
    • Aanbidding >
      • Erediens
      • Erediens Logistiek
      • Gebed
      • Musiek
      • Tegnies
    • Jeug >
      • Juventus
      • Katkisasie
      • Kleuterbediening
    • Toerusting >
      • Leer & Lewe
      • Groeigroepe
      • Ratio Christi
      • Midweekboodskap
    • Evangelisasie >
      • Kerkplant
      • Reformissio
      • Uitreike
      • El Shaddai Swazi
    • Meelewing >
      • Agapé
      • Barmhartigheid
      • Werksoekers
      • Begrafnis
      • Kosbank
      • Lief en Leed
  • Leef Saam
  • Preke
    • Regstreekse uitsending
    • YouTube
    • Nuutste Preke (MP3)
    • Preek Argief (MP3)
  • Inligting
    • Dra by
    • Attestate
    • Kommunikasie >
      • Kommunikasiebeleid
      • Hart & Hand
      • Kerkkalender
    • Personeel
  • Kontak ons
    • Liturgie
    • Regstreekse uitsending
    • Afkondigings
    • Barmhartigheid
    • Verslae
    • Doop
  • Foto kompetisie