Fanie van der Schyff - En nou ... liefde alleen!
So het 2017 verby gesnel. Ons het hierdie pas afgelope jaar binne gegaan met baie planne en drome - daar was suksesse, vreugde en dankbaarheid, maar daar was ook mislukkings, hartseer en kommer. Groter as jou drome wat jy nagejaag het ... het jy liefde nagejaag? https://youtu.be/qmU_xozHwwQ
0 Comments
Fanie van der Schyff - Eer aan God!
Die erelied uit die hemel 'n Engel van ons Here het destyds aan die skaapwagters buite Betlehem verskyn. Hy was die draer van die wonderlikste boodskap ooit - Jesus is gebore. Hierdie Blye Boodskap word opgevolg deur 'n engele-lied - Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde. Ons het die voorreg om te mag deel in hierdie erelied! https://youtu.be/pb3Uafjt4-c
Fanie van der Schyff - Die wonderlikste boodskap ooit!
https://youtu.be/cwURgb3LL28
Hardus Lee - God is en bepaal die volheid van ons lewe.
Oor so paar weke vier ons Kersfees.Wat is die eerste gedagte wat by u opkom wanneer u hierdie besef? Opgewondenheid? Blydskap? Vrees? Spanning? Hierdie feit bring by elkeen van on seen of ander emosie na vore. Dit is wel so dat baie preke oor Kersfees gaan oor die verkeerde viering van Kersfees. Ons het almal al soveel keer sulke preke gehoor. Ons weet van die kommersialisering van Kersfees, of die aandag wat meer gaan aan die tyd of ete saam met familie en vriende. En dit is alles waar. Maar wat beteken Kersfees vir gelowiges? Wat beteken dit vir ons dat Jesus Christus daardie dag in Bethlehem gebore is? Dit beteken vir ons die begin van die lewe. Die begin van die ware lewe. Dit is waarvan ons vanaand in Psalm 16 gelees het. Ons het gelees van die lewe van ‘n gelowige. Ons lees van ‘n pragtige deel wat vir ons afgemeet is, ‘n lewe van lof, van vreugde. So ‘n lewe wat moontlik is as gevolg van die geboorte van ons Verlosser en Saligmaker. Wanneer ons praat oor Kerstyd kan ons wel nie slegs stilstaan by die krip nie, ons moet verder kyk, na die kruis, en ook na die oop graf. https://youtu.be/2BcV2qMX-BE
Hardus Lee - Hoe lank nog, O Here?
In die lewe van vandag lyk dit asof die wêreld net draai om misdaad en geweld. Misdaad en onreg is die hoofnuus in elke koerant en op elke nuusberig. Dit voel asof alles net vinniger en vinniger uit beheer uit snel. Dan lees ons die volgende in Habakuk 1:3 en 4: “Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en daar word getwis en gebaklei. Die wet het nie meer krag nie, en daar geskied nie meer reg nie. Slegte mense het die oorhand oor die goeies, en so word die reg verkrag.” Dit is asof ons hierdie woorde vandag ook net so kan uitroep. Daarom is Habakuk se vraag so aktueel: "Hoe lank nog, Here?" https://youtu.be/ZqvKirecxp8 Nikolaas Pienaar - Die Apostel Paulus se Laaste Kerkraadsvergadering met die Ouderlinge van Efes10/12/2017
Nikolaas Pienaar - Die Apostel Paulus se Laaste Kerkraadsvergadering met die Ouderlinge van Efes
In Paulus se laaste kerkraadsvergadering met die ouderlinge van Efese (en dis die enigste preek aan Christene wat ons in die boek Handelinge het) roep hy die ouderlinge op om 1. te onthou hoe sy bediening onder hulle gelyk het (v.18-21) 2. te besef wat die toekoms vir hom inhou (v. 22-27) 3. soos goeie herders die kudde van God te versorg (v. 28-35) So leer hulle dat dit wat hulle van Paulus geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dat hulle dit ook moet doen (Filip. 4:9). Dit word gevolg deur ‘n liefdevolle en hartseer afskeid. https://youtu.be/unGKE6HfCYE
Fanie van der Schyff - Vier fees
Die boek Nehemia lees soos 'n storie. Dit begin met Nehemia wat geroep word om die mure van Jerusalem te herstel en hoe satan op alle moontlike maniere hierdie bouwerk probeer stop het. Nadat die muur herstel was het die volk bemekaar gekom om dit te gedenk. Esra lees uit die Woord van die Here en almal raak hartseer toe hulle besef hoe sondig hulle is. Maar dan kom die opdrag: 'Vier fees' ... en hulle het! Wat beteken hierdie 'storie' vir jou vandag? https://youtu.be/sc8LttwTaik
Fanus Heystek - ’n Swaard deur jou siel
Die gryse Simeon neem die Kindjie Jesus in sy arms en begin profeteer. Hy bid eers tot God oor homself (dat hy nou maar kan sterf). Dan praat Hy oor die Kind en laastens draai hy na Maria. Sy slotwoorde aan haar is oor die swaard deur haar siel. https://youtu.be/AWdoWAO_d3o
Fanus Heystek - Jesus en die vrou van Pilatus
Dat daar geestelik magte agter menslik planne sit, is duidelik uit hierdie gedeelte. Is dit God wat die vrou van Pilatus (Claudia?) laat droom en die boodskap na haar man op daardie spesifieke tydstip stuur? Hoe raak dit ons uiteindelik? https://youtu.be/BX2APZ_esdE |
Argief
October 2024
KATEGORIE |