Jacques Tredoux - Die Koning uit die agterwêreld (2)
Vandag is die dorp Betlehem in Israel, een van die plekke in die wêreld wat die meeste besoek word... Miljoene mense gaan elke jaar op ‘n pelgrimstog om die geboorteplek van Jesus te besoek. Tog, was hierdie plek nie altyd gewild nie. Inteendeel, dit was eintlik deel van die “agterwêreld” van Israel, een van die plekke waarop jy nie geroem het as jy daar gebore is nie! Hoekom sou God dan juis besluit om daardie plek te kies om sy Seun gebore te laat word? https://youtu.be/efROPBzZ15g
0 Comments
Jacques Tredoux - Die Koning uit die agterwêreld
Vandag is die dorp Betlehem in Israel, een van die plekke in die wêreld wat die meeste besoek word... Miljoene mense gaan elke jaar op ‘n pelgrimstog om die geboorteplek van Jesus te besoek. Tog, was hierdie plek nie altyd gewild nie. Inteendeel, dit was eintlik deel van die “agterwêreld” van Israel, een van die plekke waarop jy nie geroem het as jy daar gebore is nie! Hoekom sou God dan juis besluit om daardie plek te kies om sy Seun gebore te laat word? https://youtu.be/avRNdVtZno8
Jacques Tredoux - Die koning wat vir altyd sal voortbestaan...
Ons almal weet dat die wyse manne presente vir die pasgebore Jesus gebring het om hulde te bring aan die nuwe Koning wat gebore is... Tog vergeet ons soms dat Jesus se koms na die aarde as Koning, reeds lank voor sy geboorte voorspel is. Vanoggend kyk ons verder na Jesus se storie uit die Ou Testament, en fokus hierdie keer op God se belofte aan Dawid... https://youtu.be/Riyd1Y5l5WY
Jacques Tredoux - Die afwagting begin...
In die liturgiese kalender van die Westerse Kerk word “Advent” die vier sonde voor Kersfees gevier. Dit verwys na die afwagting tyd voor die koms van Jesus na die aarde, en dan natuurlik die afwagting op die wederkoms van Jesus. Hoewel ons as gereformeerdes nie so baie op die liturgiese jaar fokus nie, is daar tog iets wat ons moet besef: Die afwagting vir ‘n Verlosser wat moet kom, is iets wat nog altyd daar was en altyd daar sal wees! Reeds op die eerste bladsye van die Bybel sien ons hoe die afwagting begin... Die vraag is nou – is ons deel van hierdie afwagting? https://youtu.be/etkwveacKUE
Chris de Beer - Die bome in ons lewe
Ons is almal afhanklik van bome. Bome gee vir ons suurstof, skaduwee, vrugte en nog vele meer. Die Bybel leer ons ook dat bome `n baie prominente rol in ons geloof speel. Kom luister Sondag oggend hoe die manier waarna jy na bome kyk, jou verstaan van realiteit kan verander. https://youtu.be/d7waS2FEFaQ
Fanie van der Schyff - Vrede vir jou!
Genade, barmhartigheid en VREDE ... so seën God sy kinders. Die wêreld waarin ons woon is egter in 'n toestand van die teendeel van vrede ... alles is onseker, gebroke en die mens leef in onvrede met homself en alles rondom hom. Vir jou en my as Christene is daar slegs een vaste bron van vrede - Jesus Christus ons Here! https://youtu.be/45HKbROgz9o
Daniël Maritz - Die Woning van die Here
Ons gaan Sondagoggend stilstaan by Psalm 84 om weer herinner te word aan die lieflikheid van God se woning vir Sy verbondsvolk. https://youtu.be/GLrSrT9jEnQ
Daniël Maritz - Die Woning van die Here
Ons gaan Sondagoggend stilstaan by Psalm 84 om weer herinner te word aan die lieflikheid van God se woning vir Sy verbondsvolk. https://youtu.be/40H5ogFOOXg |
Argief
June 2024
KATEGORIE |