Jacques Tredoux - Net soos ons, maar heeltemal anders
Die Woord het onder ons kom woon... Ons het gesien hoe die ewige en almagtige God 'n mens geword het. Maar wat is die implikasies daarvan? Hoekom is dit so belangrik en watse troos hou dit vir ons in? Kom dink vanaand saam oor hierdie wonderlike nuus... https://youtu.be/7HO55z9af4A
0 Comments
Fanie van der Schyff - Lewendige doodsbeendere
Esegiël het gespreek en droeë doodsbeendere het na mekaar begin skuif, elkeen na die been toe wat by hom pas. toe word hulle geheg met senings en vleis en vel wat oor hulle trek. Uiteindelik blaas ond Here gees in hulle. Wat leer dit jou in jou verhouding tot ons Here? https://youtu.be/0LeWa71DzEA
Fanie van der Schyff - My hart, my gees, my lewe
Sommige is in hulle verhouding tot ons Here warm; ander koud; ander lou (Op 3:15,16) ... waar staan jy in jou verhouding tot Hom? https://youtu.be/EqnJOcaPmvE
Jacques Tredoux - Om deur God geken te wees
Alle mense wil geken word. Waarlik geken word - met ons goed en sleg, mooi en lelik, hartseer en blydskap. Dit is 'n ingeskape behoefte by elkeen van ons. Psalm 139 gee vir ons die wonderlike troos dat God hierdie behoefte vervul - selfs nog voor ons gebore is! https://youtu.be/tM_CUit2sSw
Jacques Tredoux - Die woord onder ons
"Die Woord het mens geword en onder ons kom woon." Vir baie van ons is hierdie woorde so bekend dat ons dit sommer so in die verbygaan lees. Tog is hierdie die hartjie van hoe God begin om sy Koninkryk te herstel. Tog is dit een van die dinge wat ons geloof onderskei van alle ander gelowe. Mag elkeen van ons opnuut weer die wonder van Jesus wat tussen ons kom woon besef! https://youtu.be/gxTpruo1TlY
Fanie van der Scyff - Jy is Myne
Gelowige ouers laat hulle kinders doop. Die doop neem ons terug na God se belofte dat Hy Hom aan sy kinders verbind. Ons noem dit die 'Verbond'. Hierdie verbond bestaan uit twee dele ... wat beteken dit vir ons as ouers, kinders, grootouers en almal wat deel is van die geloofsfamilie? https://youtu.be/LN5eMime_vE
Chris de Beer - Wie is die man?
God se identiteit is werklik `n "game changer" vir elkeen wat leef. John Ortberg skryf: "Jesus is mysterious not just because of what we don't know about him, but because of what we do know about him." Kom luister Sondag oggend na die onvoorspelbare impak van hierdie overmydelike man. https://youtu.be/GLqiPjAGqUU
Chris de Beer - Wie is die man?
God se identiteit is werklik `n "game changer" vir elkeen wat leef. John Ortberg skryf: "Jesus is mysterious not just because of what we don't know about him, but because of what we do know about him." Kom luister Sondag oggend na die onvoorspelbare impak van hierdie overmydelike man. https://youtu.be/T2HHebZLj1Q
Chris de Beer - Wie is die man?
God se identiteit is werklik `n "game changer" vir elkeen wat leef. John Ortberg skryf: "Jesus is mysterious not just because of what we don't know about him, but because of what we do know about him." Kom luister Sondag oggend na die onvoorspelbare impak van hierdie overmydelike man. https://youtu.be/5IB9wlBlzd4 |
Argief
June 2024
KATEGORIE |