Chris de Beer - Die onverwagte seën
Met die verkiesing op hande wonder `n mens nogals wat die uitslag gaan wees. Die boek van Jeremia kan ons heelwat leer hoe ons in sulke tye moet reageer. http://youtu.be/7ObF42eMN3Y
0 Comments
Fanie van der Schyff - Vervloek, geseën
"Dit is nie deur die groot leër dat die koning wen nie, en nie deur groot krag dat 'n held behoue uitkom nie. Dit is nie waar dat die perd die oorwinning gee en dat sy groot krag redding bring nie" (Ps 33:16,17) Vervloek is die mens wat sy vertroue in mense stel... Geseënd is die mens wat sy vertroue in die Here stel. http://youtu.be/ia4p1apT9UE
Fanie van der Schyff - Gaan weg van my af Here...
Gaan weg van my af, Here! “Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is 'n sondige mens.” Lukas 5:8 http://youtu.be/s1FqmxSd35k
Fanie van der Schyff - Gaan weg van my af Here...
Gaan weg van my af, Here! “Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is 'n sondige mens.” Lukas 5:8 http://youtu.be/N7WyvBrwPac
Chris de Beer - Lesse op Jesus se pad
Elke persoon wat Jesus volg stap `n pad saam Hom. Vanaand gaan ons luister na `n paar lesse wat ons op hierdie pad leer. http://youtu.be/BK6pEPcpnuk
Fanus Heystek - Waarom maak die Bybel so baie van Bileam?
Waarom maak die Bybel so baie van Bileam? Het hy werlik die vermoë gehad om te kon seën en vervloek? Waarom steur God Hom enigstens aan hierdie spiritis? Is ons nie geneig om die bose se invloed te onderskat nie? http://youtu.be/ritFo7pFAX0
Jaco Kruger - Om na God toe te draai
Mens se binnewêreld word deur so baie dinge beïnvloed. Soms dreig die gewoel hier binne om jou van jou trollie af te laat raak. Kan jy en ek die uitnodiging hoor om dan, te midde van ons omstandighede, bewustelik na God toe te draai? http://youtu.be/4W6dw-lZ6bU
Chris de Beer - Wie is ons?
Wie jy is bepaal wat jy doen. Kom luister wie ons (gelowiges) werklik is en hoe dit ons lewe verander. http://youtu.be/mm9BAkpAo64
Paul Grobler - As ek maar net... (aand)
Vandag is ’n dag waar ons terug kyk oor ’n paar jaar saam met hierdie geloofsfamilie en ook saam vorentoe kyk na wat nog kom. Paulus staan in Handelinge 20 in ’n soortgelyke plek en hy sê “As ek maar net…” Hoe sou jy daar die sin voltooi? Hoe verklap daardie antwoord iets van ons hart en manier van volg? Mag ons Paulus se voorbeeld volg deur net ons lewenstaak te wil voltooi naamlik: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig. http://youtu.be/HNRU5S2Pku4
As ek maar net... (Paul Grobler) oggend
Vandag is ’n dag waar ons terug kyk oor ’n paar jaar saam met hierdie geloofsfamilie en ook saam vorentoe kyk na wat nog kom. Paulus staan in Handelinge 20 in ’n soortgelyke plek en hy sê “As ek maar net…” Hoe sou jy daar die sin voltooi? Hoe verklap daardie antwoord iets van ons hart en manier van volg? Mag ons Paulus se voorbeeld volg deur net ons lewenstaak te wil voltooi naamlik: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig. http://youtu.be/1Q6hvfZQNqs |
Argief
October 2024
KATEGORIE |