Chris de Beer - Perspektief op rykdom
Die regte perspektief op rykdom is baie belangrik, want dit bepaal ons houding en leefstyl. Kom luister vanaand hoe ons rykdom moet benader. https://youtu.be/-aPMFkJ2to8
0 Comments
Fanie van der Schyff - Gee jouself
Jou lewe is nie doelloos nie. Ons Here self roep jou om jouself as lewende en heilige offer aan Hom te gee "... op grond van die groot ontferming van God" (Rm 12:1). Wat beteken dit vir jou in jou persoonlike lewe en wat beteken hierdie opdrag vir die kerk van ons Here? https://youtu.be/F5vMMqmbRDg
Fanie van der Schyff - Die possisineringsvraag
2017 het met 'n vaart afgeskop. Dalk skarrel jy nog rond om uit te vind waar jy in die groter prentjie van omstandighede inpas. Hoe possisioneer jy jouself daarin? https://youtu.be/SSEwKjhTpk8
Chris de Beer - Die refleksie
Die mens word geskep om God te reflekteer op aarde. Die vraag is, wat reflekteer ons in ons alledaagse lewe? https://youtu.be/8HkG2rGflk4
Sound check
RIP! RIP? RIP... https://youtu.be/CxbA-SYqP6o
Fanie van der Schyff - RIP
RIP! RIP? RIP... Weens tegniese probleme was hierdie erediens nie regstreeks uitgesaai nie. https://youtu.be/Qr-nyva8bL4
Johann le Roux - Gedra julle, kragtens julle Christelike identiteit, altyd goed
Bywoners, vreemdelinge. Dit is die neerhalende benaminge waarmee Petrus se eerste lesers in die vreemde geëtiketeer is. Petrus gebruik hierdie benaminge om sy lesers te bemoedig deur ’n geestelike betekenis daaraan te gee. Wat neerhalend in hulle fisiese omstandighede is, word eretitels deur God aan sy kinders. Bywoners en vreemdelinge in die ongelowige wêreld omdat hulle deur wedergeboorte ’n nuwe Christelike identiteit ontvang het. Vanuit ons Christelike identiteit het ons verantwoordelikhede. Een daarvan is om onder alle omstandighede goed te doen. Dit kan ons alleenlik doen as ons nie toegee aan ons sondige natuur nie, maar ons deur die Heilige Gees laat lei in ’n lewe van heiligmaking. https://youtu.be/-IT7glQuwMY
Chris de Beer - Die hart wat brand
Elke gelowige se geloofslewe raak soms bietjie flou. Die vraag is, hoe kry ek weer my hart om te brand vir die Here? Kom luister vanaand na die voorskrif wat Jesus vir ons gee. https://youtu.be/ot6njJujAMM
Fanie van der Schyff - Bid vir geestelike gesondheid
Siekte is 'n realiteit. Ons almal word die een of ander tyd siek - soms meer ernstig as ander kere. Wanner jy siek is, het jy behandeling nodig. Jesus gebruik hierdie beeld om ons te laat dink aan ons geestlike gesondheid. Hy het immers self gesê dat Hy nie gekom het vir die gesondes nie, maar vir die siekes! Hoe lyk jou eie geestelike gesondheid? https://youtu.be/QNHluFJt8OQ |
Argief
October 2024
KATEGORIE |