Jacques Tredoux - Laat U Naam geheilig word
Wanneer ons Here Jesus ons leer bid, is een van die eerste dinge wat Hy ons leer dat gebed nie eintlik oor ons gaan nie! Persoonlik raak my gebede baie vinnig nogal selfsugtig, en ek glo dit is iets wat baie gelowiges met my deel... Vanaand ontdek ons weer die wonder om God se Naam te heilig in ons gebede. https://youtu.be/sWStJAgviYE
0 Comments
Peet Vermeulen - Dienswerk volg Jesus
Daar is 'n probleem in die kerk. Mense wil graag gedien word ipv om te dien. Wie in Jesus Christus as sy saligmaker glo moet kennis neem van Jesus se dienswerk. Dit is wat Hy hier op aarde kom doen het. Dienswerk is wat Hy van sy dissipels verwag. Dienswerk laat God se liefde deur gelowiges na die aarde vloei. Waar dien jy met die liefde wat God aan jou gee? Die mekaar tekste bied vir ons merkers waar gelowiges betrokke kan raak. https://youtu.be/S9V8OmTvHkM
Paul Kruger - As jy maar geweet het?
Salome, die ma van Johannes en Jakobus, vra namens haar twee seuns – in hulle teenwoordigheid – ’n ’gunsie’ van Jesus: Ereposisies. Jesus antwoord op hierdie vraag dat net die Vader alleen dit kan toeken. Maar, Salome, as jy net geweet het...? In die koninkryk wat Jesus bring, gaan die total anders as wat jy en ek met ons natuurlike, eersugtige aardse verwagtings dit soek: laastes-eerste; eerstes-laaste. https://youtu.be/UmA7oHtWJ0I
Fanie van der Schyff - Doop met die Heilige Gees
Ons bely dat die doop 'n teken en seël van God se verbond met ons en ons kinders is ... daarom dan ook Sy opdrag om verbondskinders met water te doop. Ter selfde tyd leer die Skrif ons dat ons ook met die Heilige Gees gedoop is. Wat beteken dit vir ons en ons kinders? https://youtu.be/aoZjhzLf9WQ
Fanie van der Schyff - Doop met die Heilige Gees
Ons bely dat die doop 'n teken en seël van God se verbond met ons en ons kinders is ... daarom dan ook Sy opdrag om verbondskinders met water te doop. Ter selfde tyd leer die Skrif ons dat ons ook met die Heilige Gees gedoop is. Wat beteken dit vir ons en ons kinders? https://youtu.be/C63uDnGgL4c
Jacques Tredoux - Die taal van die Heilige Gees
Een van die vrae wat die meeste gevra word oor die Heilige Gees, is die vraag oor die “praat in tale”. Wat leer die Bybel ons oor praat in tale? Behoort ons dit na te streef? Is dit reg of verkeerd om in tale te praat? Is dit regtig die werk van die Heilige Gees? Vanaand kyk ons wat die Here ons deur Paulus hieroor leer. https://youtu.be/HIRPhiX65Yk
Fanie van der Schyff - Om weer gebore te word
Kan jy met sekerheid sê dat jy 'n wedergebore kind van ons Here is? Dit is 'n baie persoonlike, maar beslissende vraag! https://youtu.be/xwEFbhHTWhk
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-79
Ons Here Jesus in Maleagi https://youtu.be/s5O7EZTjNWs
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-78
Die kosbare Woord van God: Maleagi https://youtu.be/M7_4O8lYggo
Jacques Tredoux - Wie is die Heilige Gees?
Ons is besig om saam die God van ons familie beter te leer ken. God is ons Vader, Jesus is ons Verlosser, Koning en Broer, maar wie is die Heilige Gees dan? Vanaand sien ons dat die Heilige Gees deel van die Drie-enige God is en dat Hy ‘n besonderse rol in ons lewe as gelowiges speel. https://youtu.be/iABeFWBAI0w |
Argief
October 2024
KATEGORIE |