Fanie van der Schyff - Ballingskap, roeping, hoop!
Ons Here gebruik Jeremia om 'n boodskap van hoop te bring aan die volk Juda, in 'n donker tyd van hulle geskiedenis. Terwyl hulle in ballingskap verkeer, kry hulle die opdrag om die belange van hulle volksmoordenaars te bevorder! Hoe raak daardie opdrag ons lewens vandag, 2024? https://youtu.be/70MT4t57TrU
0 Comments
Jacques Tredoux - Die glorie dae van Jerusalem
Psalm 48 is ‘n loflied wat die glorie dae van Jerusalem besing. Jerusalem is God se stad wat al die ander konings en nasies laat vrees vir hulle lewens! En tog is dit nie die finale prentjie van Jerusalem nie... Hierdie stad is ook uiteindelik verwoes om plek te maak vir ‘n beter Jerusalem. Die vraag is nou: Is die “glorie dae” van Pretoria nie dalk ook besig om plek te maak vir ‘n beter Jerusalem nie? https://youtu.be/nEtEqLkWLeo Christiaan Swanepoel - God het jou in sy handpalms ingegrif sodat jy kan glo en vertrou...22/1/2024
Christiaan Swanepoel - God het jou in sy handpalms ingegrif sodat jy kan glo en vertrou...
Meeste van ons het al ervaar hoe dit voel as iemand jou vergeet. Selfs al doen mense moete om te onthou, ’n merkie op die hand of ’n strikkie om die vinger, mense vergeet. In ons teks sien ons hoe Juda die klag teen God bring dat Hy hulle vergeet het. Hulle sê: “My Heer het my verlaat, my Here het my vergeet”. Juda se klag is verkeerd. God se liefde vir sy kinders is groter as die van selfs ’n moeder. Elkeen van ons is ingegraveer op ons Here se handpalms. Hy sal ons nooit vergeet of verlaat nie. In die jaar wat voorlê wag daar vele onbekendes op ons, maar van een ding is ons seker: My Heer sal my nie verlaat nie, my Here sal my nie vergeet nie. https://youtu.be/7tIwvGGNdl4
Jacques Tredoux - ‘Kies jou vriende!
Die Bybel gebruik twee stede om uit te beeld hoe ‘n wêreld lyk waar mens ongehoorsaam aan God leef (Babel) en ‘n wêreld waar mense in verhouding met God leef (Jerusalem). Die een stad is die beloofde land en die ander die stad van ballingskap. Die vraag is nou – in watter stad leef ons vandag? Ons troos is – maak nie saak of Pretoria “Babel” of “Jerusalem” God het ons hier geplaas en Hy los ons nie alleen nie. https://youtu.be/Y3kYoxFpots
Fanie van der Schyff - ‘Kies jou vriende!
Ware vriendskap ... dit is kosbaarder as goud! https://youtu.be/QJ8vOSC6_Os
Jacques Tredoux - ‘n Stad om vir ons ‘n “naam” te bou
Die bekende storie van die toring van Babel, is die begin van ‘n tema wat reg deur die Bybel loop. Die stryd tussen twee stede – die slegte stad en die goeie stad. God se stad en mense se stad. Babel en Jerusalem. As jy mooi na die oorsprong van hierdie “slegte” stad kyk, sal jy dalk verbaas wees hoe ons vandag nog by hierdie stad-bouery betrokke is... https://youtu.be/L1GXoa3UIvA
Jacques Tredoux - Laat God jou verander
Ons staan waarskynlik aan die begin van ‘n onstuimige jaar. Die hele wêreld is onstabiel met oorloë en spanning wat oral uitborrel. In Suid-Afrika is dit verkiesingsjaar. Baie mense trek swaar met moeilike ekonomiese omstandighede. ‘n Mens se natuurlike reaksie is om terneergedruk, negatief en sinies te wees in sulke tye. Tog wil ons as Christene werk vir die vrede van die stad! Positief! Dit kan egter net gebeur as God ons verander... https://youtu.be/KHpurJ5Ed5I
Chris de Beer - Die krag van God
Die evangelie is die krag van God wat lewens verander. Vanoggend gaan ons deur die brief aan die Romeine reis en kyk wat dit vir ons beteken in die nuwe jaar wat voorlê. https://youtu.be/zyoBCa0ujuc |
Argief
October 2024
KATEGORIE |