Jacques Tredoux - Hoe vrygewig moet ek nou wees?
Ons het verlede week gesien dat die Bybel duidelik is daaroor dat ons Jesus met ons vrygewigheid moet volg. Ons wil vandag nog dieper in hierdie tema van vrygewigheid delf en vra hoe vrygewig ons nou eintlik moet wees. Maar vanuit hierdie bekende verhaal van Saggeus, gaan ons hierdie vraag oor vrygewigheid vanuit 'n ander hoek benader... https://youtu.be/cjCkSRNXr4U
0 Comments
Fanie van der Schyff - God se hand
In Moses se tyd het God sy volk Israel op droeë grond deur die Rietsee gelei om hulle van die Egiptenare te bevry. In Josua se tyd het Hy hulle op droeë grond deur die Jordaanrivier gelei om hulle die beloofde land te laat kry. Ons Here het dit alles deur sy sterke hand gedoen sodat Hy al die eer mag kry! https://youtu.be/LR5kf3tfdA8
Jacques Tredoux - Kom ons volg Jesus met ons vrygewigheid
Om oor geld in die kerk te praat is nooit 'n gemaklike onderwerp nie. Wat het my geld met my geloof te doen, vra baie mense. Dan gaan dit boonop nog baie moeilik in ons land met 'n ekonomie wat power is om die minste te sê. Maar, as ons saam mekaar dink oor hoe ons Jesus volg, MOET ons ook dink oor hoe om Jesus met ons geld te volg. En hieroor is die Bybel baie duidelik - met vrygewigheid! https://youtu.be/rG9zXpb8w64
Fanie van der Schyff - Sterk en vasberade!
Ons wens mekaar gewoonlik sterkte toe wanneer dit met iemand moeilik gaan. Besef jy dat God dit ook doen, MAAR so anders as die mens: Hy WENS jou nie sterkte toe nie, Hy is die Een wat jou sterk MAAK! Vind jou krag en jou sterkte in Hom ... https://youtu.be/hjxVrbBD-iM
Klasie Heystek - Volmaak heilig by Jesus se wederkoms
Volmaak heilig by Jesus se wederkoms https://youtu.be/QK_1kfy42vM
Fanie van der Schyff - Andreas
Andreas was een van die eerste dissipels wat deur Jesus geroep is om Hom te volg. Hy was ook die eerste dissipel om iemand na Jesus te lei. Dit gaan egter nie om Andreas nie, maar om Hom van wie hy getuig het toe hy uitgeroep het: "Ons het die Messias gekry!" https://youtu.be/RC9TvhWh55U
Jacques Tredoux - Groei saam tot eer van God
In Handelinge sien ons in die eerste gemeente die wonder van hoe die evangelie van Jesus mense se lewens verander. Nie net word daar duisende mense gered nie, maar hulle lewens verander só dat hulle saam mekaar leef tot eer van God. In ons konteks vandag is een van beste maniere om hierdie voorbeeld te volg, daar waar ons in Groeigroepe saam tot eer van God groei! https://youtu.be/1w9-v9FHWyQ
Fanie van der Schyff - Vreesloos!
Die Here is my Lig en my Redder, vir wie sal ek vrees? Is Hy vir jou werklik wie jy sê Hy vir jou is? https://youtu.be/BVFMVT_BAQY |
Argief
September 2024
KATEGORIE |