Dirk Kotzee - Depressie - die Elia sindroom
Ons leef in ´n tyd waar daar baie druk op mense geplaas word. Baie van julle kyk dalk na die gebeure op kampus as iets wat nie ´n positiewe uitkoms kan hê nie. Die druk en wanhoop kombineer maklik om depressie te veroorsaak. Baie soos in Elia se geval. Sy perspektief was een van wanhoop. Hy was moeg en daar was baie druk op hom. Ons kyk vanaand na die rigting wat God aan Elia gee in ´n tyd van depressie en hoe ons dit kan toepas wanneer ons dit opmerk in ander se lewens. http://youtu.be/3zbt9ji29x8
0 Comments
Chris de Beer - Waar les jy jou dors?
Elke mens op aarde word dors. Die vraag is waarheen gaan jy om jou dors te les? http://youtu.be/ysgflh5ka58
Chris de Beer - God is `n bouer
Van die begin van tyd af is God besig om vir Hom `n huis te bou. Hierdie huis het `n unieke fondasie en word met baie spesiale materiaal gebou. http://youtu.be/GEjWV_rznSQ
Fanie van der Schyff - Na Sy beeld geskep
In die Skeppingsverhaal word vertel dat God in die begin alles uit niks geskape het. Daar word ook vertel dat Hy eers alles in plek gestel het voordat Hy laastens die mens as die kroon van sy skepping 'na sy beeld en gelykenis' geskape het. Aan die mens word die Goddelike opdrag gegee om oor land, lug en water te heers. Ons is immers hier op aarde sy verteenwoordigers! http://youtu.be/z5MJQyAOKzg
Chris de Beer - Rus, redding en hoop!
Ons leef in `n gejaagde wêreld waar mense spanning en angs daagliks ervaar. Op Jesus se pad werk dit anders, want by God vind ons rus, redding en hoop! http://youtu.be/VPXGqNtIffw
Fanie van der Schyff - Ons het die Lig nodig
Ons almal het lig nodig. Mens besef dit telkens tydens kragonderbrekings. Jesus gebruik die eenvoudige beeld van die noodsaaklikheid van lig in die daaglikse lewe en pas dit op Homself toe wanneer Hy verklaar dat Hy die Lig is (JJh 8:12). Ons het Jesus nodig ... volg Hom! http://youtu.be/2NW2rX3wDiA
Fanie van der Schyff - Daarom word jy 'Christen' genoem
Ons praat so maklik van onsself, of iemand anders, as 'n 'Christen'. Besef ons egter altyd dat die woordjie 'Christen' letterlik 'n 'Christus-mens' beteken? Die vraag is dus: 'Sien die wêreld iets van Christus in jou en ander Christene se lewens? http://youtu.be/Yj3fRjm5ZHY
Chris de Beer - Die deure in ons lewe
Ons is besig om te fokus op Jesus wat ons roep om saam Hom te loop. Op hierdie pad is daar verskeie deure. Party deure word deur die Gees toegemaak en ander word deur die Gees oopgemaak. Die vraag is, hoe reageer ek? http://youtu.be/F-NpmQBf1f8 |
Argief
June 2024
KATEGORIE |