Chris de Beer - Wie is Hy?
Wie is Jesus? Ons staan vanaand stil by hierdie vraag, want dit is die belangrikste vraag wat elke mens in 2017 sal moet antwoord. https://youtu.be/BtaGwmNXXcg
0 Comments
Fanie van der Schyff - Jesus leer jou bid
Ons Here het jou lief net soos wat jy is, maar, Hy los jou nie net soos wat jy is nie! Ons is in 'n voortdurende proses van groei tot geloofsvolwassenheid. Deel van die groeiproses is om ook in jou eie gebedslewe te groei. Dit leer ons Here Jesus ons self ... https://youtu.be/Y7VGOkRqF90
Nikolaas Pienaar - Ons Singende Saligmaker
Die Bybel is 'n boek van sang. Tog word dit net een maal genoem dat Jesus gesing het. Jesus sing op die vooraand van sy lyding. Ons verken in vandag se prediking 1. Die inhoud van Jesus se sang, 2. Die vervulling van Jesus se sang, en 3. Die vrug van Jesus se sang. https://youtu.be/64wOXzh_IyQ
Fanie van der Schyff - Selfs Jesus het geestelik gegroei
"En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense" (Lk 2:52 OAV). beteken 'toeneem', in hierdie teksvers, dat Jesus nog nie volmaak was nie en eers moes groei of meer word? Wat beteken hierdie vers vir ons? https://youtu.be/xxwPRbJxA2s
Nikolaas Pienaar - Die gevierde in die liedere van Israel
Christus is die Gevierde in die Liedere van Israel. Die openbaringshistoriese ontwikkeling van Israel se sang, die bundeling van die Psalms, Jesus se vervulling van die Psalms, en die Apostels se gebruik van die Psalms in die Nuwe Testamentiese kerk, leer ons dat Christus ons Koninklike Voorsanger is wat sy kerk (wat sy liedere as ons eie deur die geloof toeëien) met sang en lied sy heerlikheid inlei. https://youtu.be/8tLxwvZjxy4
Fanie van der Schyff - Neem posisie in
2016 het gekom en gegaan. 2017 lê voor ons uitgestrek. Wat alles in hierdie jaar met ons gaan gebeur ... net ons Here weet dit! Wat verwag Hy van ons? "...neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here..." (2 Kron 20 :17) https://youtu.be/wI7CoF3g5y0
Chris de Beer - Ons taak in 2017
Hoekom is ons hier? Wat is ons roeping in hierdie nuwe jaar en waarop moet ons fokus? Kom luister gerus vanaand om die antwoorde te kry. https://youtu.be/4UVqOiUJdR4
Chris de Beer - Strome van lewende water
Die nuwe jaar het begin met baie opwindende uitdagings wat wag. Kom luister gerus na wat God wil hê ons moet doen in 2017. https://youtu.be/xx-ZkNMI5e4
Johannes Bingle - "Om só te tel" is meer as om te tel
Douvars Nuwejaar 2017 wat pas sy verskyning in die tyd gemaak het, dring daarop aan dat ons weer 'n tydjie sal neem om oor tyd te besin. Saam met die digter van Psalm 90, die singbiddende Moses, besef ons dat om jaartalle en lewensjare by te tel en te by te reken, is méér as om te tel. Die Here leer ons om op 'n bepaalde manier na tyd en tydgetalle te kyk, "om só te tel." Mag ons hierdie 'rekenkunde van die geloof' reg verstaan en deur die Heilige Gees geleer en gelei word om dit deur die loop van 2017 konstant so te bereken en te beleef. Voorspoed toegebid in die sommemaak van beplanning en werk en lewe-inrig! http://youtu.be/6w9jGxOjNIY |
Argief
June 2024
KATEGORIE |