Jacques Tredoux - Lyding wat iets beteken
Dit is asof die sosiale media wêreld ontplof het met videos, potcasts, oordenkings en boodskappe oor hoe om hierdie “lockdown” tyd as Christene te hanteer. Daar is uitstekende stof daar buite, maar ook minder goeie stof. Kom dink vanoggend saam hoe ons kan sin maak van hierdie tyd, dat dit nogsteeds betekenisvol kan wees? https://youtu.be/ht9HyV9EHBU
0 Comments
Fanie van der Schyff - Ons verstaan nie, Here!
Die Covid 19 pandemie is n realiteit wat ons elkeen diep raak. Daar is so baie onbeantwoorde vrae wat tot groot onsekerheid en selfs vrees lei. Hierdie oordenkings vanuit Brooklyn is bedoel om pitkos te wees in hierdie moeilike 'Lockdown' tyd en verder. Mag jy in ons Here jou rus vind! https://youtu.be/KOnwmV9kXSs
Fanie van der Schyff - Ons weet nie wat om te doen nie!
" Ons weet nie wat om te doen nie" ... dit is verskriklike woorde, want dit is 'n erkenning dat ons nie in beheer is nie.! Met die Covid 19 virus wat letterlik reg oor die wêreld soos 'n veldbrand versprei en ons eie leefwêreld oornag omgedop het, mag jy dalk dieselfde erken "Ons weet nie wat om te doen nie". https://youtu.be/r-ueMrHDEBY
Fanie van der Schyff - Ons weet nie wat om te doen nie! (2)
" Ons weet nie wat om te doen nie" ... dit is verskriklike woorde, want dit is 'n erkenning dat ons nie in beheer is nie.! Met die Covid 19 virus wat letterlik reg oor die wêreld soos 'n veldbrand versprei en ons eie leefwêreld oornag omgedop het, mag jy dalk dieselfde erken "Ons weet nie wat om te doen nie". https://youtu.be/IEYw3GNLwDY
Jacques Tredoux - Wanneer tente afgebreek word
Paulus vergelyk ons lewe hier op aarde met ‘n tent wat maar ‘n tydelike blyplek is. In tye soos hierdie COVID-19 krisis, word ons tente afgebreek en dit is nie lekker nie. Tog kan ons moed hou, want ons het ‘n ander blyplek om na uit te sien... https://youtu.be/QAycOFOK0SU
Predikante gesels: COVID-19
Drie van ons predikante gesels oor die COVID-19 pandemie, die effek wat dit op ons as Christene en gemeente het, hoe ons daarop moet reageer en wat Brooklyn-gemeente se aksieplanne is. Neem asb die tyd om hierna te kyk en gesels saam in die comments of deur n e-pos met kommentaar of voorstelle na [email protected] te stuur. Covid 19 soos bespreek deur Prof Anton Stoltz https://youtu.be/QxcSFTbvIeY https://youtu.be/muttIzUCCrQ
Jacques Kuhn - God werk kragtig deur sy Woord
God werk kragtig deur sy Woord, sodat ek dit wat God van Homself openbaar kan ken en vertrou. Wat is n ware geloof? 'n Ware geloof is nie alleen 'n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het vir waar aanvaar nie. Stellig nie! Dit is ook 'n vaste vertroue, wat die Heilige Gees, deur die evangelie in my hart werk. https://youtu.be/WFBnV1RvbpA
Chris de Beer - Die stilte!
Wat maak ek wanneer God stilbly in my lewe? Wanneer ek nie weet waarheen om te gaan of wat om te doen nie. https://youtu.be/ioc8lNXGgd8
Jacques Tredoux - Gasvryheid
As gelowiges word ons gereeld in die Bybel opgeroep om gasvry te wees. Hoekom is dit so 'n belangrike deel van ons geloof? Teenoor wie moet ons gasvry wees? Wat sê ons gasvryheid (of tekort daaraan) van ons verhouding met Jesus? Vanaand dink ons saam oor hierdie belangrike tema en hoe dit by ons bediening in Brooklyn-gemeente in pas. https://youtu.be/4OCxeZ_uf-A
Jacques Tredoux - Wysheid vir ouers
In die begin van die boek Spreuke, word daar baie duidelik gesê vir wie die wysheid van Spreuke bedoel is - vir ALMAL! Vanoggend het ons weer die voorreg om 'n verbondskindjie te doop en daarom gaan ons kyk watse wysheid Spreuke vir ouers inhou... https://youtu.be/Yb_2bAQsKkU |
Argief
September 2024
KATEGORIE |