Johann le Roux - Tyd om jou hartskatkamer reg te pak
Die boek Spreuke is wysheidsonderrig. Dit is bedoel vir almal. Een van die kenmerke wanneer jy wysheid besit, is ’n goeie onderskeidingsvermoë. Spreuke 3 lei ons om ons hart wat soos ’n stoorkamer, of eerder ’n skatkamer is, reg te pak. In hierdie skatkamer kan minstens 3 rakke onderskei word: vertroue, wysheid en integriteit. https://youtu.be/OTMESVkAKuk
0 Comments
Chris de Beer - Nuwe lewende vertaling
Ons almal leef in een of ander storie. Die vraag is in watter een jy leef, en hoe dit jou lewe en gedrag bepaal? https://youtu.be/N1Jt7wy6x_Y
Jacques Tredoux - Klankoordenking 12-51
Ons Here Jesus in Klaagliedere https://youtu.be/pbbwUdnvwkw
Jacques Tredoux - Klankoordenking 12-50
Die kosbare Woord van God: Klaagliedere https://youtu.be/rk1WaZixhBc
Jacques Tredoux - Die sleutels van die Koninkryk
Jesus sê dat wat ons (die kerk) op aarde oop- en toesluit, sal in die hemel oop- en toegesluit bly. Tradisioneel word hierdie gedeelte verstaan as die kerk wat die tug moet toepas. Tug het vir baie mense ‘n baie negatiewe woord geword. Tog, as ons mooi lees wat Jesus hier vir ons leer, is dit een van die mees liefdevolste dinge wat ons kan doen... https://youtu.be/X6hLMlkwv6k
Theunis Potgieter - God herstel verhoudings
Wie van ons was nie al ‘n verlore seun of dogter wat van die Here af weggedwaal het nie. Ons sien dit na vore kom in die lewe van ‘n pa met sy twee seuns. Hoe ver kan ‘n mens agteruitgaan om op jou regte en verdienste te staan en nie meer die genade van God in berekening te wil bring nie. https://youtu.be/VNg7OjceXoA
Jacques Tredoux - Klankoordenking 12-49
Ons Here Jesus in Jeremia https://youtu.be/ZyQMUUsXdf0
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-48
Die kosbare Woord van God: Jeremia https://youtu.be/9nwkS3aJSG0
Daniël Maritz - God is 'n 'Enige en Enkelvoudig geestelike wese'
In Artikel 1 van die NGB bely ons dat God 'n 'enige en enkelvoudig geestelike wese' is. Alhoewel ons bely dat God 'enig en enkelvoudig' is, is daar soms verwarring oor wat ons daarmee bedoel. Ons gaan dus Sondagaand stilstaan by hierdie siening van God om dit weer in ons geheue te verfris. https://youtu.be/LkRW1yLHS90
Fanie van der Schyff - Eben-Haeser
Die Profeet Samuel het 'n klip gevat en dit regop gesit tussen Mispa en Sen. Hy het die plek Eben-Haeser genoem: 'n eenvoudige pleknaam met 'n baie diep betekenis ... https://youtu.be/pcuE24hFsuQ |
Argief
October 2024
KATEGORIE |