Chris de Beer - God se omgekeerde reg
God werk so anders as mense. Kom luister hoe God se omgekeerde reg ons lewens verander en ons van dankbaarheid laat juig! http://youtu.be/_n8ENMIoFFc
0 Comments
Chris de Beer - Die fees!
Het jy al ooit gewonder hoekom Jesus sy eerste wonderwerk op `n troue gedoen het? Kom luister en vier fees saam ons vanaand. http://youtu.be/VQtlD-ju_Bc
Fanie van der Schyff - Vervloek is die kruis!
God self verklaar: "Vervloek is elkeen wat aan 'n [kruis]hout opgehang is". As God self die kruis vervloek het, waarom is Jesus dan gekruisig; waarom is die kruis dan die simbool van Christene; waarom staan dit sentraal in Brooklyn se logo; waarom vorm dit die hart van die doop en nagmaal wat vandag bedien word? Is die vervloekte kruis die middelpunt van jou lewe? http://youtu.be/DPm4M9mydaU
Paul Grobler - Jesus dink buite die boks
Is jy kreatief? Dink jy buite die boks? Dalk is jou antwoord ja, dalk nee, dalk wonder jy van watter boks ons praat. Waar van van God? Wanneer ons dink aan Jesus dink ons nie noodwendig aan die feit dat Hy kreatief is nie. Ja, God is skepper en daarom is hy skeppend of kreatief, maar as Jesus God vir ons sigbaar maak is Jesus mos ook kreatief. Sou mens sê Hy moet dan ook buite die boks dink. In die berg predikasie wys Jesus ons hoe Hy baie gemaklik is om buite die boks van tradisie, geskiedenis en ons begeertes te dink. Ons skep bokse en plaas Hom daarin, maar Hy dink en werk buite die boks wanneer hy sê: “ Maar Ek sê vir julle…” Mag Hy ons dan ook leer om buite ons mensgemaakte boksies te dink en te werk. http://youtu.be/UDaSSplyfg0
Chris de Beer - Die uitverkore volk
Het jy al ooit gewonder hoekom God vir Hom `n volk gekies het en wat dit vir ons beteken? Vandag gaan ons uitvind. http://youtu.be/E7hFfqMVttE
Chris de Beer - God se waspoeier
Die sondeval het elke mens se lewe bevlek. Die wonderlike nuus is dat God se waspoeier ons heeltemal skoonwas. http://youtu.be/6OhDhzrTzR8
Fanie van der Schyff - Psalm 117
Psalm 117 http://youtu.be/pKyDTbFHWuk
Chris de Beer - Evangelie liedjies
Het jy al gehoor van die lied wat Jesus op die kruis gesing het? Kom luister vanaand hoe die liedjies van die evangelie ons lewe verander. http://youtu.be/HHD_YCQbiyQ
Fanie van der Schyff - Moenie treur nie ... vier fees!
Lewensomstandighede en die besef van hoe sondig ons werklik is, maak ons soms morbied en negatief. Ons Here ken ons swakheid en spreek ons daarom midde in ons omstandighede aan. Sy opdrag aan ons is verrassend: moenie treur nie ... vier fees! Laat ons dan fees vier! http://youtu.be/Xzo7iKqU3n8 |
Argief
October 2024
KATEGORIE |