Daniël Maritz - Ons het hoop op die lewe, ja, selfs na die dood
Die dood is iets wat ons almal in die oë staar. Niemand spring dit vry nie. Maar vir 'n Christen is daar hoop op lewe, ja, selfs na die dood. https://youtu.be/cec14_Nz_cI
0 Comments
Fanie van der Schyff - Getuig!
Ons Here Jesus het voor sy hemelvaart dit as gegewene gegee dat sy dissipels sy getuies in hierdie wêreld sal wees. Ons is ook geroep en toegerus om ons Here se getuies te wees. Dit moet dalk as vraag gestel word of ons, sy kerk, werklik getrou is aan ons roeping? https://youtu.be/kMp24JDjUZs
Fanie van der Schyff - God die Heilige Gees
"...Gees van die Vader, van ons Heer en Koning, ons loof U heerlikheid in hierdie Pinkstertyd ..." ~Lied 441:2 https://youtu.be/NuwCfxwjxus
Ds. Johannes Bingle - Weggooikind word koningsbruid!
As die Here verbykom... Die Verbondsgod het sy volk tegemoetgekom toe sy as baba gespartel het in haar doodsbloed. Hy het haar laat opgroei en sy het pragtig geword met 'n volmaakte skoonheid. In Esegiël se tyd herinner Hy sy volk tydens die Babiloniese Ballingskap aan haar verlede. Hoofstuk 16 is soos 'n foto-album wat die profeet oopmaak en omblaai waarin die Here se trou geëts is. Tog bevat dit ook skandelike tonele waarin die volk se ontrou "nakend" weerspieël word. Die Here het in die Pasga die doodsengel by sy volk in Egipte laat verbygaan. Ten spyte van hulle ontrou deur die jare het Hy hulle telkens herinner aan hulle uitleiding - ook juis nou in hulle ballingskap. Met die Pasga toe Jesus gekruisig is, het Hy die eerste Nagmaal ingestel. Ten spyte van haar ontrou mag die koninklike Bruidsker die Nagmaal steeds vier, en wag op die Koningsbruidegom om te kom sodat die Bruilofsmaal van die Lam gevier kan word. Dit is vandag opnuut die evangelie "ten spyte van, ter wille van" wat ons krag gee vir elke dag! https://youtu.be/pYnqEsCMNuE
Chris de Beer - Wat doen ons hier
Wat op dees aarde doen ons hier? Het hierdie vraag al ooit deur jou gedagtes gegaan. Kom luister gerus vanaand om te ontdek wat ons doel is op aarde en hoe ons dit kan uitleef. https://youtu.be/FRh3PQfivLA
Fanie van der Schyff - Stefanus se hemelvaart
Henog het nie gesterf nie - God het hom self kom haal sonder dat ons weet hoe dit gebeur het. Elia het ook nie gesterf nie - God het hom in 'n wa en perde van vuur kom haal. Jesus het na sy opstanding uit die dood met 'n wolk opgevaar na die heme.l Stefanus het deur sy dood heen gesien hoe Christus hom self kom haal het. Hoe versterk hierdie voorbeelde jou eie opstandingsgeloof? https://youtu.be/sj9iw8H4Eek
Fanie van der Schyff - Ons Here het opgevaar!
Henog het nie gesterf nie - God het hom kom haal, sonder dat ons weet hoe. Elia het ook nie gesterf nie - hy is met 'n wa en perde van vuur in 'n stormwind in die hemel opgeneem. Jesus is met 'n wolk die hemel opgeneem. Wat beteken dit vir jou, vandag, 10 Mei 2018? https://youtu.be/QA6-HGFSSvk
Fanus Heystek - Wie kan dan gered word?
Die ryk jongman se verskyning wek 'n gevoel van jammerte vir hom. Die bestuur van baie besittings (en dus werknemers) eis veel van die ryke - om nie te praat oor al die konflikte, versoekings en sondes wat sy pad kruis nie. Sy soeke na die ewige lewe lyk opreg, maar daar staan 'n reuse hindernis voor hom, naamlik rykdom of mammon (aardse belange en verleidinge). 'n Paar vragies? 1) Toets Jesus net sy gesindheid of roep Jesus hom om letterlik alles te verkoop en weg te gee? 2) As dit onmoontlik is vir rykes om die hemelpoorte te bereik, hoe gaan jy daar kom? 3) Wie is die aardse rykes wat onder die vloek staan - is jy uitgesluit? 4) Aan die slot van die preek draai ons die dissipels se hewige ontstelde uitroep om: Wie kan nou NIE gered word NIE. Hoe kom ons daarby uit? https://youtu.be/ZysdPe3YbrY
Fanie van der Schyff - Henog se hemelvaart
Datums is in hierdie lewe vir elkeen van ons baie belangrik. Twee datums wat sekerlik uitstaan, is jou geboortedatum en die datum van jou afsterwe. Henog het net 'n geboortedatum gehad in hierdie lewe! Dit leer ons iets van Christus se hemelvaart ... https://youtu.be/1L_gGjPszps |
Argief
September 2024
KATEGORIE |