Hardus Lee - Jesus Christus- ons volmaakte Amen.
Hoeveel keer per dag bid ons? As ons opstaan? Wanneer ons eet? Wanneer ons Bybelstudie doen of voordat ons gaan slaap? Elke keer wanneer ons bid, loof en prys ons die Here. Ons sal ons sondes bely en sekere dinge van die Here vra. Elkeen van ons gebede lyk en klink anders. Daar is wel een klein dingetjie wat elkeen van ons gebede in gemeen het. Een klein woordjie wat amper ongesiens verbygaan. Die woordjie Amen. Elke dag, keer op keer, spoel hierdie woord oor ons lippe. Ons dink nie eers daaraan nie, dit kom so natuurlik. Wanneer ons egter besef dat Jesus self hierdie woord gebruik in die Onse Vader gebed, dan moet ons bietjie hierby stilstaan. Dan moet ons gaan kyk wat met hierdie woord bedoel word. https://youtu.be/b7S9Ymz40tc
0 Comments
Fanie van der Schyff - Kinders van God
Ons is kinders van God. Aan die een kant is dit 'n geweldige groot voorreg, maar aan die ander kant plaas dit ook 'n verantwoordelikheid op ons. Hoe lyk ons as kinders van God in hierdie lewe? https://youtu.be/qxS5rk64q5A
Chris de Beer - Plant saam
Ons leef in `n baie diverse kultuur en dit veroorsaak soms baie spanning. Kom luister vanaand hoe ons dit reg kan kry om God te dien met al ons verskille. https://youtu.be/He5PpM4i5KM
Fanie van der Schyff - Kan perde oor rotse gallop?
Kan perde oor rotse gallop? Kan osse die see omploeg? Dit is beeldspraak wat ons Here God self gebruik om die mens se verhouding met Hom te beskryf. Waar staan jy persoonlik, en ons as kerk, in ons verhouding tot ons Here? https://youtu.be/cryBowE-KzA
Chris de Beer - Blaas die vuur aan
Ons gemeente is tans besig met die "Fanning the Flame" proses. Dit is `n proses wat gemeentes ondersteun om geestelik gesond te groei. Kom luister vanaand wat leer ons by Timoteus oor hoe lyk `n kerk wat werk. https://youtu.be/TPiM-mfSQ1M
Fanie van der Schyff - Bemoedig mekaar
Die lewe is hard en die druk op mense is geweldig groot - niemand kan daaroor stry nie. Lewensdruk en stres en uitbranding het ook 'n direkte effek op ons in ons verhouding met ons Here. Hy weet dat ons bemoediging nodig het, daarom is Hy die Groot Bemoediger wat ons in hierdie lewe dra. Hy wil egter dat ons mekaar ook moet bemoedig. https://youtu.be/lILdOaPb9Ms
Chris de Beer - Saam gestuur
Die predikant vra eendag: wanneer laas het jy `n sendeling gesien? En hy antwoord toe sommer: wanneer laas het jy in die spieƫl gekyk? Die punt is dat Jesus elke gelowige stuur om sy liefde uit te deel. Kom luister vanaand hoe ons hierdie taak van ons Here saam met mekaar behoort te verrig. https://youtu.be/CfjYdZJbgQw
Fanie van der Schyff - Sing onder mekaar!
Musiek is 'n geweldige kragtige medium van kommunikasie - dink maar net aan groot konserte waarin mense deur sang opgesweep word. Lofprysing skep ook stemming waar God aanbid en verheerlik word. Ons het nodig om saam met mekaar te sing ... tot lof en eer van ons Here! https://youtu.be/9tOgkfM8d8I
Fanie van der Schyff - Sing onder mekaar!
Musiek is 'n geweldige kragtige medium van kommunikasie - dink maar net aan groot konserte waarin mense deur sang opgesweep word. Lofprysing skep ook stemming waar God aanbid en verheerlik word. Ons het nodig om saam met mekaar te sing ... tot lof en eer van ons Here! https://youtu.be/ONALzq8GYWU |
Argief
October 2024
KATEGORIE |