Jacques Tredoux - 'n VISkriklike worsteling (2)
As jy enigiemand oor Jona uitvra, is die eerste ding wat hulle sê dat hy deur ’n vis ingesluk is. Tog is dit nie die kern van die boek nie. Wat wel baie belangrik is, is wat binne-in die vis gebeur. Hier leer ons nie net van gebed nie, maar soos met Jona se verhaal gaan dit nie eintlik oor Jona nie. Dit gaan oor Iemand baie groter ... https://youtu.be/BxekvUSRMbg
0 Comments
Jacques Tredoux - 'n VISkriklike worsteling
As jy enige iemand vra oor Jona, is die eerste ding waaroor hulle praat dat hy deur 'n vis ingesluk word. Tog is dit nie die kern van die boek nie. Wat wel baie belangrik is, is wat binne die vis gebeur. Daar leer ons nie net van gebed nie, maar soos wat ons die heeltyd met Jona se verhaal sien, gaan dit nie eintlik oor Jona nie. Dit gaan oor Iemand baie groter... https://youtu.be/ZL9DXd754LQ
Jacques Tredoux - 'n Reguit hou met 'n krom stok
Jona is op die vlug... Hy probeer alles in sy vermoë doen om van die Here en van sy roeping weg te kom. Dit is nie wat mens van 'n profeet van die Here verwag nie. Tog is hierdie ongehoorsaamheid nie tevergeefs nie. God gebruik Jona se ongehoorsaamheid om 'n pad met die heidense matrose te stap. Hy slaan nou werklik 'n reguit hou met 'n krom stok... https://youtu.be/s-q8POQzENE
Jacques Tredoux - Roeping: Vlug jy of volg jy?
Ons begin vanaand met 'n reeks uit die boek Jona. Jona is die storie van 'n hardkoppige profeet met wie die Here 'n pad stap. Tog gaan dit nie net oor 'n profeet nie... Hierdie storie vat ons deur ons eie harte tot waar ons die Here se hart raaksien. Ons spring vanaand weg met die eerste paar verse waar een van die groot temas van ons geloof aangespreek word: Roeping! https://youtu.be/peaLn60R5D0
Fanie van der Schyff - Die heel grootste gawe
Die Heilige Gees werk kragtig in jou. - Hy bind jou deur geloof aan Christus - Hy vernuwe jou gees - Hy maak jou 'n 'Blinkgesig-getuie' van Hoop - Hy gee aan jou besondere gawes - Hy gee liefde - Hy vra liefde "Dit doen die Here wat die Gees is" (2 Kor 3:18) https://youtu.be/9Uep1cKrkuM
Eddie Tiemensma - Die slotsom van 'n ondersoek na die sin van die lewe
Dit mag lyk asof die Predikerboek in die herhalende refrein: "Alles kom tot niks", 'n pessimistiese lewensuitkyk verteenwoordig. Dit is allermins die geval. In die wysheid deur die Here aan die Prediker gegee, het hy oor vier (4) moontlikhede navorsing gedoen om vas te stel of 'n finale antwoord op die vraag na wat sin aan die lewe gee daarin te vind is, te wete: moeitevolle geswoeg, kennis, genot/plesier en aardse rykdom. Sy bevinding is dat geeneen van die moontlikhede opsigself sin aan die lewe gee nie. Maar waarin is dit dan wel te vind? Die Prediker kom tot hierdie slotsom: "Dien God en gehoorsaam sy gebooie". https://youtu.be/SToZBRbQ8I0
Fanie van der Schyff - Blink gesigte
Blink gesig mense in 'n donker wêreld ... dit is wie ons Here jou en my gemaak het. https://youtu.be/e0B3uN1pn-0
Jacques Tredoux - Vrede deur die Seun
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Jesus het mens geword, en daarom verstaan Hy presies waardeur elkeen van ons gaan. Hy is net soos ons, maar Hy is ook heeltemal anders. Hy is volmaak en sonder sonde. In die laaste deel van ons reeks oor Jesus se menswording, kyk ons na wat dit ten diepste beteken - Vrede tussen God en sy skepping! https://youtu.be/YB0veam32Ts
Fanie van der Schyff - Aanbevelingsbriewe
'n Aanbevelingsbrief getuig van iemand se goeie hoedanighede, positiewe gesindheid en voorbeeldige lewe. Paulus is in die gemeente van Korinte gekonfronteer met Joodse leiers uit Jerusalem wat met indrukwekkende aanbevelingsbriewe Christene daar kom verwar het. Die boodskap aan hulle, en elke Christen, is egter duidelik:' Jou lewe is 'n aanbevelingsbrief van Christus, geskryf met die Gees van die lewende God'. Wat beteken dit vir jou persoonlik in die praktyk van die daaglikse lewe? https://youtu.be/jbom_3wxDgk |
Argief
June 2024
KATEGORIE |